Die wu00eareld nie my woning, maar Namibiu00eb wel
Die wu00eareld nie my woning, maar Namibiu00eb wel

Die wêreld nie my woning, maar Namibië wel

Ronelle Rademeyer
John Fredericks skryf:

Broers, susters, leeglêers, kriminele, dominees, skinderbekke, wraaksprekers, liefdemakers, kindermakers, vroueslaners, skelms, rowers, ekonomiese terroriste, vredemakers, skoorsoekers, aanspraakmakers, entrepreneurs, grondreuse, grondafvatters, appointees, geestelike leiers, onderwysers, skoolhoofde en stamhoofde, sugar daddies and mommies, struggle kids, berigskrywers, berugte skrywers, filosowe, stigtervaders en moeders, raadgewers,sms skrywers, brieweskrywers, sokkerlose spelers, akademiese sotte, akademici, gatkruipers, gatgrawers, druipers, druipende skoolkinders, repeaters, unemployeees, employees, employers, exploiters, poachers, poacher killers/hunters, tax evaders/collectors, ministers of the cloth and of the unclothed ,redakteur/trise, helde/inne, minister van eerstes, eerste burger en die andere. . .

Wees gegroet en word verwelkom in 2017 met reën/water wat vloei asof daar getreur en gehuil word, maar dit is inderdaad trane van vreugde en blydskap omdat 2016 tot ‘n einde gekom het.

Namibië, die land van sonder melk en heuning, maar met verdraagsaamheid. Ons is moontlik die enigste volk/nasie wat in ons struweling tot erkenning van die ek en die ons, die minste of glad nie, die loop van ‘n geweer na mekaar wys.

Ons is moontlik nie die mees akademies opgeleide nasie ter wêreld nie, maar ons beskik oor die wereldse wysheid oor hoe ons probleme moet aanppak. Die doemprofete is ‘n integrale deel van ons gemeenskappe, soos die miskruier is vir die ekosisteem.

Namibiërs, 2017 is die jaar van implementering, van hardwerk, van onbaatsugtigheid, van meedeelsaamheid, van versoening, van nasiebou, buurmanskap, goedertrou, vertroulikheid, inspanning, uitspanning, deelsaamheid. En met ‘n 100% tekort aan verdeeldheid, rassisme, selfverryking, kindermolestering, geweld en politieke en sosiale manipulering.

Ten slotte: die ander motte was dom en dwaas, maar ek sal ver van die kers af bly, hier ver is dit veilig, en kyk is vry. Maar die einde van die wiel, was die as van die mot. Laat ons nie ons self in 2017 mislei deur nie bereikbaar te wees vir ander idees en opinies nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!