Die yster van Empelheim

Gerine Hoff
Leandea Aoxamus, Junior Sekondêre Skool Empelheim, Mariental

lvone Kooper, ’n graad 10-leerling aan die Junior Sekondêre Skool Empelheim op Mariental is inderdaad ’n inspirasie vir haar medeleerlinge en kan as motivering dien dat ’n mens wel jou drome waar kan maak.

lvone is ’n kranige atleet en sokkerspeler wat haar merk reeds op laerskool gemaak het waar sy jaar na jaar die victrix ludorum was. Die 100 en 200 meter is haar spesialiteit, maar ook in verspring deins sy nie terug nie.

ln 2013 het sy die nasionale rekord opgestel vir die 100 meter vir meisies o.15. In die dieselfde jaar het sy Namibië in Botswana verteenwoordig. ln 2014 en 2015 het sy goue medaljes in die 100 en 200 meter by die Hardapstreek-atletiekbyeenkomste losgehardloop en by die atletiekbyeenkoms wat op 4 Maart 2017 by die Privaatskool Elnatan op Stampriet gehou is. Hier het sy meegeding in die kategorie vir o.19-meisies.

ln sokker is lvone se prestasies ewe indrukwekkend.

Dit is wat sy vermag het: In 2O12 was sy ’n lid van die nasionale o.13-meisiespan. In 2O14 was sy ’n lid van die Olimpiese jeugspan vir meisies o.15 wat in China meegeding het en waar sy ’n doel teen Papoea-Nieu-Guinee aangeteken het. In 2015 was sy ’n lid van die nasionale o.17-meisiespan wat in Nigerië, die Demokratiese Republiek van Kongo en Botswana meegeding het. In 2015 was sy ook ’n lid van die nasionale o.17-span wat in die Sone 5-spele in Zimbabwe meegeding het.

In 2O16 was sy ’n lid van die nasionale o.17-meisiespan waar sy ’n silwermedalje ingepalm het in die Sone 6-skolebyeenkoms wat in Botswana gehou is. In dieselfde jaar was sy ook ’n lid van die nasionale o.20-span wat in Angola meegeding het in die CAF Sone 6-spele - inderdaad ’n merkwaardige leerling.

Ons wens lvone nog vele prestasies toe en hou vir haar duim vas dat sy weer vanjaar die nasionale sokkerspan sal haal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!