Die Zambezistreek
Dis hier!
Voeg kaart in
In ’n neutedop
Met hutte oral en meeste van die bevolking wat in die platteland woon, laat die Zambezistreek (voorheen Caprivi) mens onwillekeurig dink dat dit is hoe “diep Afrika” lyk. Uit Namibië se 14 streke, is dit net die Zambezistreek wat met ses etniese stamme kan spog - die Subia, Yeyi, Mafwe, San, Tortela en Mbukushu. Hulle gebruik Lozi om te kommunikeer, wat eintlik ’n taal uit Zambië is.
Hierdie is ook die enigste streek wat sy grens met vier lande deel, naamlik Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe. Die streek word deur vier standhoudende riviere omring, te wete die Chobe, Kwando, Linyanti en die Zambezi.
Dié streek se grootste dorp is Katima Mulilo wat op die oewer van die Zambezirivier geleë is. Omdat dit relatief na aan Victoria-waterval en die Chobe Nasionale Park is, is dit ’n gewilde dorp vir besoekers en dit is ook die beste plek om tradisionele pottebakkery aan te skaf. Ten spyte daarvan dat die streek redelik dig bevolk is, is daar nie regtig veel groot dorpe nie.
Die Zambezistreek is die land se natste streek.
Sien dít!
• Die Zambezistreek bied iets vir almal. Hoewel meeste areas met 'n 2x4 toeganklik is (soos Popa-valle), is daar plekke, veral in die oostelike gebiede, waar ’n 4x4 noodsaaklik is.
• In terme van flora en fauna is die Zambezistreek die tuiste vir meer as 400 verskillende voëlspesies en vier van die sogenaamde Groot Vyf (die renoster ontbreek ongelukkig). Groot troppe sitatunga, rooi basterwaterbokke, waterbokke en impala kom daar voor asook kameelperde, sebras, krokodille en seekoeie. Verder bevat dit 200 verskillende soorte flora, struike en bome, 80 visspesies asook ander wild en die natuurskoon maak van dié streek ’n paradys vir besoekers.
• Te danke aan al die water, kan die streek groot troppe wild hanteer. Daar is veral baie olifante, hoewel mens hulle weens die digte plantegroei nie altyd sien nie.
• Die streek huisves talle wildreservate, wat nou ingesluit is in die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied. Met die Okavango- en Kwandorivier as grense, is die Bwabwata Nasionale Park die tuiste van 35 spesies grootwild en 400 voëlspesies. Hoewel oornaggeriewe nie beskikbaar is nie, word gemeenskapsgebaseerde toerisme-opsies tans ontwikkel. Daar is ook kleiner parke, naamlik die Mudumu Nasionale Park, die Mamili Nasionale Park en die Popa Wildpark. Sien in die artikel oor die Kavangostreek meer besonderhede oor hierdie parke.
• Die invloed van naburige lande op die streek se kuns en kunsvlyt, het 'n positiewe invloed op plaaslike kunstenaars en kunshandwerkers gemaak. Hulle is bekend vir die skoonheid en simmetrie van hul potte, mandjies en houtwerk. Voldoende hout en makalani palmblare gee die streek se pottebakkers, houtkerwers en wewers die geleentheid om hul kuns op die mooiste wyses moontlik uit te beeld. Om iets uniek aan te skaf, besoek gerus die Caprivi kunssentrum op Katima.
• Die streek is veral bekend vir sy bekwame en kreatiewe pottebakkers. Met vuurmaakhout en klei wat in oorvloed beskikbaar is, skep die pottebakkers hier meer as net die tradisionele en praktiese. Te danke aan innoverende baktegnieke, skep hulle pragtig versierde en gevormde vase en beelde.
• Nog 'n hoogtepunt by die Caprivi Arts Centre is die tradisioneel geweefde mandjies. Aanvanklik is mandjies gebruik om graan te vervoer en te stoor, maar omdat dit so mooi is, verkoop dit soos soetkoek onder besoekers.
• Ander plekke waar die streek se kuns en kunsvlyt te koop is, is by die Ngoma Crafts Centre by die Ngoma-grenspos, Mashi Crafts by Kongola en die Lizauli tradisionele dorpie.
Moenie hierdie misloop nie!
• ’n Vaart in ’n tradisionele uitgeholde kanoe ofte wel makoro.
• Hengel en wildbesigting per boot in hierdie streek is ’n móét.
• Die Lizauli tradisionele dorp bied 'n program van tradisionele musiek en dans, kompleet met toordokter, dus 'n insig in die plaaslike kultuur.
• Die Mafwe lewende museum op die oewer van die Kwandorivier stel besoekers bekend aan die tradisionele kultuur en leefstyl van die Mafwe-stam. Die opelug museum is omring deur velde, wat die Mafwe toelaat om meeste aspekte van hul tradisionele lewenswyse te handhaaf. Die museum is onder kremetartbome geleë. ’n Besoek aan die lewende museum is baie interaktief, met die Mafwe wat graag besoekers laat hand bysit in die maak van ’n tradisionele mandjies en danse. Etes, ’n aandenkingswinkel en kampplek is deel van die ondervinding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie