Diefstalverdagtes vas
Diefstalverdagtes vas

Diefstalverdagtes vas

Otis Finck
Otis Finck – Vier mans is Saterdag op Walvisbaai in verband met diefstal uit ’n voertuig van goedere ter waarde van N$24 800 in hegtenis geneem.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die vermeende diewe by mnr. Frans Hendrik Pretorius (57), ’n Suid-Afrikaanse toeris, se voertuig ingebreek.

Twee van die verdagtes is 26 en 28 jaar oud, en die ander twee is 29.

’n Kamera en N$4 600 in kontant is uit die voertuig gesteel, wat by die Walvisbaai-strandmeer geparkeer was.

Persoonlike dokumente word ook vermis.

“Alle items, behalwe die geld, is teruggekry. Ons het ook op die voertuig beslag gelê, wat gebruik is om op die vlug mee te slaan. Dié voertuig, ’n swart Golf GTI met die registrasiemerk N207-156W, behoort aan een van die verdagtes,” het Iikuyu gesê.

Die verdagtes sal vandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn.

Iikuyu het gesê die polisie ondersoek of die verdagtes ook betrokke was by ’n poging om twee Duitse toeriste op die C14-pad tussen Walvisbaai en Sossusvlei te beroof.

Dié voorval het verlede maand plaasgevind.

Die betrokke toeriste was amper beroof toe ’n swart sedanvoertuig hulle verbygesteek en voorgekeer het.

Die toeriste kon gelukkig ontsnap.

Die voorval is by die polisiekantoor op Swakopmund aangemeld.

Hierná is polisiepatrollies op die C14 aangebring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!