Dien Duitssprekende besprekingsgroep regtig dié gemeenskap?
HELMUT LESSING, BERLYN, SKRYF:
Ek volg die werk van die Duitssprekende besprekingsgroep (Gesprächskreise) in Swakopmund met groot belangstelling, maar ook met groot vrees. Mag ek vergewe word dat ek as nie-Namibiër inmeng, maar as ’n Duitse belastingbetaler is ek ook ’n belanghebbende.
In die eerste plek vra ek myself af waarom ’n politieke mondstuk vir Namibiërs van Duitse afkoms nou gestig moet word, nadat hulle drie dekades sonder een kon leef. Ek wonder ook wie die inisiatief geneem het, om dit te stig? As my inligting korrek is, is dit nie toevallig dat daar ’n verband bestaan tussen die beëindiging van die reparasieonderhandeling tussen Duitsland en Namibië en die stigting van die besprekingsgroep nie, en dat die inisiatief vir die stigting uit Duitse en Namibiese regeringskringe kom.
Dit is duidelik dat die raad van die Swakopmund Gesprächskreis dit as ’n feit aanvaar, dat daar in 1904 ’n volksmoord op die Hereros deur die Kaiserliche Schutztruppe plaasgevind het (Allgemeine Zeitung, 7 Februarie 2020). Ek dink wel, dat die Duitse regering groot kommer oor hierdie volksmoordtesis het. Daar het nou te veel afhandelinge verskyn, wat hierdie leuen uit die Koue Oorlog oopgedek het en die voorstellings van die volksmoordadvokate behandel en weerlê het. Omgekeerd weet ek van geen werk wat selfs die uitsprake in ”Der Wahrheit eine Gasse” van Hinrich Schneider-Waterberg of “Deutsch-Herero-Krieg 1904” van Christian Zöllner met feite kan ongeldig maak nie.
Die Duitse regering word dus gekonfronteer met ’n dilemma indien die regverdiging vir die betaling van vergoeding in hul miljarde bevraagteken moet word. Een uitweg uit hierdie dilemma kan wees, as almal wat by die proses betrokke is, saamstem dat ’n volksmoord plaasgevind het. Die Duits-gebore Namibiërs is die laaste skakel in hierdie ketting.
Die prys hiervoor is baie hoog: die voorouers van die Duitsers in Namibië word postuum verklaar as oorlogsmisdadigers en moordenaars.
Verteenwoordig die direksie van die Swakopmund-besprekingsgroep rêrig die Duitssprekende gemeenskap?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie