Dienders neem vroeë voortou
Vlugbal
Die Sentraalstreek se vlugbalvereniging het op 25 Mei die eerste deel van die Bank Windhoek-liga by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Windhoek afgehandel, waar Khomas Nampol met die louere weggestap het.
Nampol het in beide die mans- en vrouewedstryde koning gekraai, met die Namibiese weermag (NDF) wat dieselfde vermag het.
By die mans het Nampol 'n voordeel van drie punte op die ligaleer teen die NDF, maar by die vroue deel die twee klubs die kollig met 15 punte elk.
By die mans is die aksie deur die Nakagreen- en Spartan vlugbalklubs geloods met Spartan wat eerste bloed geruik het deur die voortou met 25-21 in die eerste stel te neem. Nakagreen het sy beste gedoen om die oorhand te kry en wen met drie stelle teenoor die een van Spartan.
In die volgende veldslag durf die Windhoek munisipaliteit (CoW) vir NUST aan en in 'n aksiebelaaide wedstryd loop CoW gou met 2-0 voor. NUST palm egter die derde en vierde stel in (2-2), voor CoW uit sy sluimering ontwaak om die finale stel met 15-2 en die wedstryd met 3-2 te wen.
NamPower oordonder vir Happydu met 3-0 en Khomas Nampol laat Spartans in hul sege van 3-0 sweet. Hoewel Nampol die botsing maklik gewen het, was daar tog positiewe punte vir Spartans wat hard probeer het om die gety te stu.
VROUE
Die Revivals en Happydu het mekaar eerste gepak waar Happydu die eerste twee stelle gerieflik met 2-0 opgepik het. Revivals veg terug en loop twee stelle later gelykop. Happydu herwin sy momentum en kelder Revivals met 3-2.
'n Wedstryd waarna baie uitgesien is, was tussen die NDF en Revivals wat toe nooit plaasgevind het nie. Met NDF wat nie opgedaag het nie, is Revivals met drie paselle ligapunte vir hul moeite beloon.
Die dag is deur Khomas Nampol en Happydu afgesluit wat geen genade vir mekaar betoon het nie. Nampol bly kalm en raap die eerste twee stelle op om 2-0 voor te loop. Happydu veg terug in die derde stel (2-1), maar moet uiteindelik die knie met 3-1 teen die poldoedies buig.
Hillary Imbuwa, president van die Namibiese Vlugbalvereniging, sê die eerste been van die reeks was danksy Bank Windhoek se ondersteuning goeie vermaak.
“Die eerste deel van die liga was vir beide die spelers en hul ondersteuners 'n uitstekende uitstappie. Ons sien uit na die tweede been en ons bedank Bank Windhoek graag wat dit moontlik maak,” het Imbuwa gesê.
André le Roux, skakelbeampte en reputasiebestuurder van Bank Windhoek, sê: “Ons is trots om deel van hierdie opwindende liga te wees wat dwarsoor Namibië aangebied word.
“Ons wil die organiseerders vir die wonderlike verstandhouding en hul voortgesette ywer bedank om vlugbal in Namibië te ontwikkel.”
Die Bank Windhoek-vlugballiga word in elf van die land se 14 streke aangebied, waar ses verenigings sake bestuur. Die streke is Zambezi, Kavango-Oos en -Wes, Ohangwena, Oshana, Omusati, Oshikoto, Otjozondjupa, Erongo, Khomas en Kunene.
Afgesien van die Sentraal-vereniging, sal die ander vyf verenigings vandeesmaand nog die eerste deel van hul kompetisies afhandel.
Die puntestand:
Mans: 1 Khomas Nampol 26, 2 NDF 23, 3 NamPower 18, 4 Happydu 17, 5 NDF B 16, 6 Unam 14, 7 CoW 9, 8 Nakagreen 8, 9 NUST 4, 10 Spartan 1.
Vroue: 1 Khomas Nampol 15, 2 NDF 15, 3 Revivals 14, 4 DTS 9, 5 Happydu 8, 6 Unam 3, 7 NUST 0.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie