Diep spore in onderwys gelaat
Oom Piet deel sy reis, van plaasseun na hoofinspekteur vir nasionale onderwys.
Tanja Bause – Oom Piet Scholtz (90), die eerste skoolhoof van die Hoërskool Academia in Windhoek en sentrale figuur in die land se onderwysgeskiedenis, is op ’n plaas in die Bethanie-distrik gebore.
“Ek weet nie op watter een van die familieplase ek gebore is nie, maar ek het op Landshut op die swartrand grootgeword. My pa, soos al die ander boere van die Suid,e het met Afrikanerskape en -bokke geboer. Soos al die ander het ons ook baie swaar gekry en die lewe was moeilik toe die karakoelskape ingekom het en al die boere omgeskakel het. My ouers het toe ook daarmee begin, hulself opgewerk en ’n ordentlike lewe gemaak.
“Ons was baie arm en het baie swaar gekry. Ek onthou daar was ’n groot bos wat my pa uitgekap het en ons het met die paar meubels wat ons gehad het daar ingetrek en huis gemaak. Dit was alles voor die karakoel. Die karakoel het die boere laat opstaan en hulle het meer voorspoedig begin raak.”
BETHANIE
Oom Piet onthou Bethanie in daai jare as die dorp waar al die boere bymekaar gekom het. Volgens hom het baie van die boere ook huise op Bethanie besit waarin hulle gewoon het wanneer hulle vir ’n naweek in die dorp is.
“Ons het gewoonlik vir ’n hele naweek dorp toe gekom as dit die Sondag nagmaal in die Kerk was, dan het alle boere die Vrydag al gekom om inkopies vir die plaas te kom doen. Die Saterdag het hulle aan perderesies en skyfskiet deelgeneem en oor die plaas en skape gesels. Sondag het hulle nagmaal bygewoon voordat almal weer na hul plase vertrek het.”
SKOOL EN UNIVERSITEIT
Oom Piet was in 1948 een van die eerste groep graad 11-leerlinge by die Hoërskool PK de Villiers in Keetmanshoop.
“Die skool wat tot in daardie stadium net ’n sekondêre skool. My groep was die eerste graad 11’s en die jaar daarna die eerste graad 12’s van die skool.
“Toe ek in die middel van my matriekjaar was, het my pa gesê ek kan ná skool by die bank begin werk. Hy het alles gereël. Dit was egter nie wat ek met my lewe wou doen nie. Ek wou Suid-Afrika toe gaan en gaan studeer. Ons was vyf broers en een suster; my broers het almal net tot graad 4 skoolgegaan en daarna begin boer, maar ek wou gaan studeer. Boerdery was nie vir my nie.”
Sy kleinneef was ook in Stellenbosch op universiteit en oom Piet het daar vir raad en hulp aangeklop. Op die dag toe hy Stellenbosch toe moes gaan, het sy pa hom van die plaas af na Keetmanshoop geneem en daar het hy vir die eerste keer alleen op ’n trein geklim en alles wat hy geken het, agtergelaat.
“Ek het niks geweet nie, behalwe dat ek in Stellenbosch moet afklim. Ek het nie geweet watter kursus of watter vakke ek moes kies nie. Ek was soos ’n man wat in ’n diep gat gegooi is en nie geweet het hoe om daar uit te klim nie.”
Sy eerste vakkeuse was “geheel en al die verkeerde keuse”: anatomie, fisiologie en aardrykskunde.
“Dit was so verkeerd; ek het geen benul gehad waarvan die professor praat nie. Ek het my eerste jaar net-net gemaak, maar nie my tweede jaar nie. Maar dit het my nie ondergekry nie en ek het op die ou einde my graad en my diploma in sekondêre onderwys gekry. Al was dit baie moeilik.”
In die eerste jaar op universiteit was daar nie plek vir hom in enige koshuis nie. Hy moes ’n kamer in ’n huis met verskeie ander studente deel.
“In dieselfde kamer was die geyser wat met steenkool gestook is om warm water vir die studente te maak. My bed was reg langs dit. Ek het ná so drie maande gekla en gesê ek kan nie daar langs die vuur besigheid studeer nie. Iemand het toe gesê ek moet met Wouter van Dagbreek gesels en dis hoe ek ’n kamer by Dagbreek-koshuis gekry het waarin ek die vyf jaar van my universiteitloopbaan gewoon het.”
Nadat hy vir vyf jaar onderrig gegee het, is hy terug Stellenbosch toe om B.Ed. klaar te maak.
LOOPBAAN AS ONDERWYSER
“Ek het my vrou Beatrix (genoem Bebe) in Stellenbosch ontmoet en ons het in 1955 getrou en Windhoek toe verhuis.”
Beide het onderwysposte gekry waar hulle saam vir drie jaar in Windhoek skoolgehou het, voordat hulle Otjiwarongo toe verplaas is.
By die Hoërskool Otjiwarongo was oom Piet vir 15 jaar. Hy was die superintendent by die koshuis, asook die waarnemende hoof vir een jaar.
“Otjiwarongo was ’n baie lekker dorp met goeie mense. Vandag nog is die dorp vol goeie mense. Die mense het almal mekaar geken en ons het baie lekker daar gebly.”
Oom Piet en tannie Bebe het terug Windhoek toe getrek en hy was die adjunkhoof van Windhoek Hoërskool (WHS) vir twee jaar voordat hy na Hoërskool Academia aanbeweeg het. Hy het in 1975 skoolhoof van dié skool geword.
“Ek het die skool gehelp opbou. Ons het met graad 3 tot 5 begin. Daar is baie werk vir ’n skoolhoof om ’n skool op te bou. Baie om te doen met die opleiding van die onderwysers en die leerlinge. Ek is baie jammer dat ek dit net vir drie jaar kon doen.
“Ek is toe na die hoofkantoor vir Nasionale Onderwys, as vakadviseur vir skole. Dit was ’n pos hoër as skoolhoof en ek het die land vol gereis van skool na skool en het die onderwysers met hul leerplanne, onderrig metodes ensovoorts vir aardrykskunde en geskiedenis gehelp. Ek het myself opgewerk tot hoofinspekteur van skole en het in dié pos afgetree.”
Oom Piet en tannie Bebe het vier kinders. Vandag hou die elf kleinkinders vir oupa op sy tone.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie