Dieper kwessies
Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang . . .
Of dalk ek meneer en jy meneer, en wie sal dan die (wa)wiel smeer?
Die bekgeveg oor wie verantwoordelik vir die wanbetaling van basiese dienste soos water en elektrisiteit is, roep bogenoemde twee Afrikaanse spreekwoorde op.
Elke vinger van beskuldiging wys na ‘n ander, sonder om die te tel wat terugwys, en soos dikwels in so ‘n bohaai gebeur, word die grondoorsake versluier.
Die regering, met die staatskas aan die bopunt van die betaalketting, kan nie die hande in onskuld was nie. As geld vir water en krag na ministeries, kantore en instellings van die staat vloei (betyds of nie), moet iemand tog kyk of die geld reg aangewend word.
Monitering is ‘n basiese beginsel van goeie bestuur. Een waarmee Namibië sukkel. Dié stap moet geskied voor enige evaluering van bestuurders, funksies en take – ‘n ewe groot, of groter probleem?
Hoe langer ‘n wanbetaler wegkom, hoe groter die gevaar dat dit gewoonte raak. Groei die agterstand groot genoeg, raak van die skuld eenvoudig oninvorderbaar.
‘n Ewe belangrike vraag, vir individue, besighede en die regering: Is of die prys van ‘n diens redelik, regverdig en volhoubaar? As tariewe altoos bloot verhoog omdat die wat opdok vir die oninbare balans sal vergoed, stuur ons op ‘n groot gemors af.
Geen monitering sal help as ‘n bestuursplan kritieke gebreke bevat nie.
Hierdie geredekawel is net nog ‘n simptoom van die siektes wat die hele huis uitmekaar kan ruk.
So sê ander
3 Maart 2021
Mkhwebane kan nie meer OB wees
Die bevinding van ’n onafhanklike paneel dat prima facie-bewyse bestaan dat adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), skuldig is aan wangedrag en volgehoue onbevoegdheid was onafwendbaar.
Dié verslag baan nou die weg vir ’n amptelike parlementêre proses om haar uit haar pos te verwyder.
Dat Mkhwebane soos ’n neet aan haar pos klou en selfs glo dat “slegs God haar kan verwyder omdat Hy haar aangestel het”, verander niks aan die feit dat daar reeds afdoende bewyse is om haar bekwaamheid grondliggend in twyfel te trek nie.
Naas ’n rits bedenklike uitlatings, besluite en bevindings deur Mkhwebane is daar ook verskeie verdoemende hofbevindings teen haar. Dan is daar die twee kostebevele teen haar waarvoor sy self moet opdok.
Verlede jaar het die hooggeregshof haar verslag oor die sogenaamde rogue unit in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens tersyde gestel. Die hof was siedend in die uitspraak en het gesê die verslag grens aan fiksie, dat dit ’n geregtelike mistasting is en dat sy vooroordeel geopenbaar het.
Ten spyte van dié bedenklike prestasiegeskiedenis bly dit noodsaaklik dat die parlement ’n foutlose proses volg. Al sit ons nou met ’n hopelose OB, bly dié waghond-amp van kritieke belang en ’n presedent mag nie geskep word wat dit moontlik maak om lukraak van die posbekleër ontslae te raak nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie