Diepsee-tragedie afgeweer
Vissersbote wat in die omgewing van die Resplendent visgevang het, kon die bemanning red toe dié boot gister gesink het.
Otis Finck op Walvisbaai – Teen druktyd gisteraand was dit nog nie bekend wat presies gister in die diepsee naby die Walvisbaaise kus gebeur het toe die Resplendent, die 20 jaar oue vissersboot van Hangana Seafood, gesink het nie.
Komm. Andreas Nelumbu, polisiebevelvoerder in die Erongostreek, het gisteraand gesê een persoon word vermis, terwyl 26 bemanningslede gered is.
’n Bron het vroeër gister bevestig die stokvisboot het omstreeks 13:00 probleme op die oop see ervaar toe water na binne gelek het.
’n Aantal ander vissersbote in die gebied het hulle na die toneel gehaas om die bemanning te red.
“Die fabriek is in radioverbinding met die bemanningslede. Hulle is almal in skok. Ons weet nog nie in hierdie stadium of daar enige sterftes was nie.
“Die Begonia, Victory en Fisherbank het in dieselfde omgewing visgevang en kon tot die bemanning se redding kom,” het ’n anonieme bron gesê.
Die boot, met sy 26 bemannningslede en een waarnemer van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne aan boord, was besig om in die diepsee stokvis te vang.
Dié vissersboot is 33,5 m lank en 10,5 m breed. Dit kan 587 ton dra en is in 2000 in Spanje gebou.
Me. Roux-ché Locke, woordvoerder van Hangana Seafood se moedermaatskappy Ohlthaver & List, het die voorval in ’n kort verklaring bevestig.
“Die ondersoek is aan die gang en ek kan in hierdie stadium nie meer sê nie.”
Sy het bevestig ’n noodoproep is omstreeks 13:00 ontvang.
“Alle moontlike hulpbronne is ontplooi om ’n reddingsoperasie te fasiliteer, want die bemanning is ons hoofprioriteit. Inligting sal bekend gemaak word wanneer ons die feite het,” het Locke in haar verklaring gesê.
Hangana Seafood beskik oor ’n vloot van sewe vissersbote met ’n gekombineerde kapasiteit van 22 000 ton – gelykstaande aan sy jaarlikse visvangkwota.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie