Dieretuin in Kleine Kuppe byna voltooi
Dieretuin in Kleine Kuppe byna voltooi

Dieretuin in Kleine Kuppe byna voltooi

'n DIERETUIN vir mak diere maak in Maart sy hekke in Koinsebstraat, Kleine Kuppe oop. Dit volg nadat mm. Martin Wiese en sy vennoot, me. .Julie Harland, vir sewe jaar op goedkeuring van die munisipalitiet gewag het. Hulle het die dieretuin wat as die Haven Zoological Park bekend gaan staan in November verlede jaar begin bou. Dit sal ook oor 'n koffiekroeg beskik vanwaar die publiek die natuur en die diere kan besigtig.

Die oppervlak van die hansdieretuin (petting zoo) is 3 900 vierkante meter, waarvan 1 500 vierkante meter onder gras gaan wees. Die eerste fase wat gaan open, sal die tuiste vir agt Kameroen dwergbokkies, twee miniatuur donkies, twee dwerglamas (alpakkas), 20 marmotte, 20 hasies, 40 voelsoorte, twee springbokke, twee volstruise en 10 skilpaaie wees. Daar sal ook drie visdamme wees waarvan twee klaar gebou is en wat verskillende vissoorte sal akkommodeer.

'n Speelpark vir kinders sal ook gebou word. "Die L- ---, ouers kan sit en hill koffie geniet terwyl die kinders in die speelpark speel en meer oor verskillende diere leer en in aanraking met die natuur kom," het mnr. Wiese gese, "Ons het aansoek gedoen om 'n opvoedkundige sentrum te bou waar kinders meer oor die versorging van diere sal leer. Daar is reeds drie kleuterskole wat in die sentrum belangstel," het mnr Wiese gese, Hy en sy vennoot hoop om krokodille in die tweede fase van die dieretuin aan te hou.

Hy wil mense met 'n staalhok in die krokodille se dam laat sak om die diere van nader te kan bekyk. "Die dieretuin moet eers vir 'njaar oop wees en dit moet goed gaan voordat ek 'n kans staan om 'n permit om wildediere aan te hou by Natuurbewaring kan kry. Ek wil nie ander wilde diere aanhou nie," het mnr. Wiese gese. Toegangsgelde gaan gevra word wat in die dieretuin teruggeploeg gaan word om dit te verbeter. Die dieretuin sal sewe dae per week van 08:00 tot 18:00 vir die publiek oop wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!