Diesel van môre af weer goedkoper
Die prys van diesel daal net ná middernag vannag met 40 sent per liter van N$11,58 tot N$11,18 per liter. Dit is moontlik danksy ‘n gunstiger wisselkoers in September.
Petrol se prys bly onveranderd op N$11,65 per liter.
Mnr. Werner January, sekretaris-generaal van die Namibië Vervoer- en Taxivereniging (NTTU), het die ministerie van myne en energie se aankondiging van die gunstiger dieselprys verlede week, verwelkom. Hy sê die eienaars van langafstand-minibusse sal veral baat vind omdat dit hulle bedryfskoste verlaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie