Diewe slaan toe op Katutura-polisiekantoor
Denver Kisting – ’n Eertydse gereelde aangehoudene by die Katutura-polisiekantoor was die meesterbrein agter ’n inbraak daar verlede naweek.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister bevestig al vier gesteelde rekenaars is teruggevind.
Hy sê die 33-jarige Jakobus Swartbooi het die afgelope week in die Windhoek-landdroshof in Katutura skuld beken.
Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak met die doel om te steel en vir diefstal.
Volgens Kanguatjivi was Swartbooi dikwels by die polisiekantoor in aanhouding toe dit nog oor aanhoudingselle beskik het.
Sy vermeende makker, mnr. Ruben Gobes (26), het skuld ontken.
Hy is nie op borgtog vrygelaat nie omdat daar ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming op ’n onverwante klag was, het Kanguatjivi gister gesê.
Die vier mense – drie volwassenes en een tiener – wat die rekenaars by die mans gekoop het, is ook in hegtenis geneem en voor die hof gedaag vir die besit van gesteelde goedere.
Kanguatjivi sê hoewel die rekenaars waarskynlik oor die naweek gebuit is, is die inbraak eers Maandag 07:00 ontdek.
Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur wat tot die inhegtenisneming van ses mense gelei het, het hy gister by navraag gesê.
Swartbooi, wat oënskynlik vertroud is met die opset by die polisiekantoor, het geweet niemand word meer daar aangehou nie, sê Kanguatjivi.
Hy het toe die heining agter die polisiestasie geknip en deur die eertydse selle toegang tot die kantoor gebou bo die selle verkry.
Kanguatjivi sê Swartbooi en Gobes het waarskynlik oor ’n tydperk van twee dae die diefstal gepleeg.
Aanvanklik het hulle die eerste rekenaar vir N$80 verkoop maar toe by die daardie koper daarop beslag gelê toe mnr. Kondjashali Paulus (25) N$600 daarvoor aangebied het.
Mnr. Reinhardt Huseb (33) het glo een van die ander rekenaars vir N$500 gekoop, terwyl mnr. Arafat Newaka (28) N$300 vir die een wat hy na bewering gekoop het, opgedok het.
Toe die polisie Huseb se woning deursoek het, het hulle na bewering op dagga afgekom. Hy is ook weens dié beweerde oortreding aangekla.
Die tiener, wie se identiteit bekend is maar weerhou word, het glo N$120 vir die gesteelde rekenaar wat hy sou gekoop het, betaal.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie