Diewe steel beeste u00e9n wagter se pap
Diewe steel beeste u00e9n wagter se pap

Diewe steel beeste én wagter se pap

Des Erasmus
Des Erasmus



Selfs 'n beeswagter het deurgeloop toe vee­diewe op die plaas ­Mon-Repos in die omgewing van Karibib toegeslaan het. Die diewe het blykbaar met die 13 vermiste beeste op die hoef getrek en in die rigting van Usakos beweeg, volgens 'n woordvoerder van 'n eenheid teen wildstropery in die omgewing.

Onder die 13 beeste was 'n duur Bonsmarabul en ook enkele kalwers. Die kleur van die beeste word as oorwegend rooi aangedui. Die beraamde skade vir die boer word op N$130 000 gestel. In die opvolgoperasie was dit baie moeilik om spore in die rotsagtige landskap te vind en die agtervolgers het ook nie op slagplekke afgekom nie.

Mon-Repos lê suidwes van Karibib en volgens een bron “agter die Navachab-goudmyn”. Dis nie ver van die teerpad tussen Karibib en Usakos af nie.

Tydens en net ná die voorval het die beeswagter op Mon-Repos sy rondes gaan doen om vas te stel of sy kudde veilig is. Toe hy by sy blyplek terugkom, het hy vasgestel die diewe is met die inhoud van sy huis weg. Selfs die laaste lepeltjie pap was weg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!