Digitaal eis eerste mediaslagoffer in Namibië
Een van Namibië se weekblaaie, wat die afgelope 20 jaar verskyn het, sal voortaan nie meer op winkelrakke wees nie, maar net aanlyn gelees kan word.
Groot uitdagings staar die gedrukte media wêreldwyd in die gesig en in die buiteland het talle koerante al besluit dat dit nie meer lonend is om koerante uit te gee nie, maar eerder aanlyn nuus van die dag te publiseer.
Plaaslik het die Namibia Economist, ná 20 jaar op die winkelrakke, die eerste slagoffer van die tegnologiese era geword. In die proses verloor 12 personeellede van die maatskappy hul werk teen die einde van Desember.
Die eienaar en uitgewer asook redakteur van die koerant, mnr. Daniel Steinmann, het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die koerant vanaf 1 Desember nie meer in gedrukte formaat sal verskyn nie, maar uitsluitlik op die webtuiste www.economist.com.na gelees kan word. Die koerant het in Augustus 1996 vir die eerste keer verskyn.
Die besluit is volgens Steinmann geneem na aanleiding van die betekenisvolle groei in die aantal lesers wat die koerant aanlyn lees.
“Vir die tydperk van 1 Desember 2015 tot einde November 2016 het besoeke aan die koerant se webtuiste tot net minder as drie miljoen toegeneem. In November 2016 het die webtuiste meer as 30 000 besoekers gehad, meer as die 28 000 gedrukte eksemplare wat in die vier weke gepubliseer is. In dieselfde maand het die webtuiste 240 000 besoeke gehad met die aantal besoeke per week wat nou op meer as 54 000 staan.
“Tussen Junie 2016 en November 2016 het die besoeke aan die webwerf tot 800 000 gestyg,’ sê Steinmann.
Namibia Economist se webtuiste is in Februarie 2001 tot stand gebring en gedurende die afgelope 15 jaar is heelwat veranderinge en verbeteringe aangebring.
“Dit is een van die belangrikste navorsingsbronne oor die Namibiese ekonomie en gebruikers laai gemiddeld vyf gigagrepe per week af,” het Steinmann bygevoeg.
Steinmann as redakteur en die publikasie se bemarkingsbestuurder, Desèré Lundon-Muller, sal die veranderinge en oorgang na die nuwe formaat bestuur. Wat redaksionele inhoud betref, sê Steinmann die webtuiste sal gefokus bly op ekonomiese en sakenuus.
“Vir die eerste keer ins ons bestaan, sal Namibia Economist daagliks op datum gebring kan word wat die pro-aktiewe verspreiding van nuus moontlik maak. Adverteerders sal eweneens vir enige tydperk na hul eie behoeftes kan adverteer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie