Digitale kunsuitstalling ’n belewenis

Yandi Du Plessis
Oscar Muyambo is ’n grafiese ontwerper, digitale kunstenaar, skrywer, musikant en skepper van Oscar’s Designs, ’n aanlyn platform wat op die been gebring is om plaaslike kuns en kunstenaars te bemagtig.

Hy het in Julie vanjaar met Republikein gesels oor sy digitale kuns en sy opleidingsprogram vir diegene wat hul vaardighede in grafiese ontwerp en webbladontwikkeling wil slyp.

Muyambo skep sy kuns eers digitaal en laat druk dit dan op doek. Hy sê die grootste uitdaging van digitale kuns is om die werk so realisties as moontlik te laat lyk – “die teenoorgestelde van die meeste kunstegnieke”.

“Die skoonheid van digitale kuns is dat daar nie perke is nie en jy kan dit op verskillende media druk, van doeke tot aandenkings.

“Die ander voordeel is dit is minder morsig en jy kan voortdurend foute uitstryk.”

Sy werk word tans by Olivia’s Kitchen uitgestal.

“Ek is altyd opgewonde om my werk by haar plek uit te stal. Presies ’n jaar gelede het ek my eerste uitstalling daar gehou en ek is baie bly ons het steeds ’n sterk band,” sê hy.

Talle kunsuitstallings moes vir die duur van die noodtoestand uitgestel word, of minstens aanlyn plaasvind.

Terwyl aanpassing en innovering nodig in dié moeilike tyd is, bly dit maar net ’n unieke ervaring om ’n kunswerk voor jou te sien en van nader te beskou. Muyambo sê hy is baie verlig om weer sy werk uit te stal.

“Om ’n kunswerk op ’n rekenaarskerm te sien, is net nie dieselfde nie. Om dit fisiek te aanskou, is ’n ander belewenis en die energie is net spesiaal,” sê hy verder.

“Kom geniet die ongelooflike atmosfeer, heerlike kos en ondersteun ons plaaslike kunsbedryf,” voeg hy by.

Die kunswerke (op A0-grootte doeke) is teen N$4 000 elk te koop. Die uitstalling duur tot einde Oktober.

Kontak 081 860 1182, of besoek www.oscarsartnamibia.com vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!