Digitale vooruitgang vs. ouderwetse skrif
Gerine Hoff
As joernaliste, skrywers, subredakteurs en proeflesers saam in ’n kantoor, besef ons elke dag hoe belangrik skryf is – al raak dit deesdae ’n al hoe meer digitale omgewing en ten spyte van die wete dat daar geen risiko is om ’n persoon verkeerd aan te haal as jy ’n stemopname van julle onderhoud het nie.
Tog is daar iets wonderlik aan nota’s maak en jou eie persoonlike “shorthand” te gebruik wanneer jy met mense gesels en hulle stories neerpen.
Vra bietjie rond, en al hoe meer mense sal sê, skryf raak ’n sterwende kuns. Min besighede kan deesdae sonder rekenaars werk – kyk maar net na ons redaksie. Die meeste universiteitstudente tik feitlik alles terwyl selfs kinders in die laerskool al rekenaarlesse neem.
Ten spyte van die digitale vooruitgang, wys navorsing daarop dat skrif eintlik wondere vir jou brein verrig. En dit is nie net ons ouer garde wat dinge beter onthou as ons dit neerskryf nie, kinders neem ook veel meer in wanneer hulle dit neerskryf eerder as om dit te tik.
Meer nog, dis nie soseer drukskrif wat beter is vir jou brein nie – dis lopende skrif! Onthou jy nog as laerskoolleerling hoe jy dié kuns moes bemeester? Wetenskaplikes meen om vas te skryf, is baie belangrik vir kognitiewe ontwikkeling; eenvoudiger gestel – om jou brein te leer om op sy doeltreffendste te funksioneer. Wie sou dit kon raai?
Verder sê dié wat weet om leesbaar vas te skryf, dit fyn motoriese beheer van jou vingers verg, omdat jy moet oplet en nadink oor wat jy skryf. Meer nog, hulle sê die voordele van lopende skrif op breinontwikkeling is soortgelyk aan hoe jy sal baat om ’n musiekinstrument te leer bespeel. Hulle sê gegewe dat nie almal toegang tot musieklesse het nie, lopende skrif eintlik ’n baie belangrike rol in breinontwikkeling speel.
As jy boeke wil skryf, het beide Hemingway en J.K. Rowling al hul storielyne en idees met pen op papier vasgevang voordat dit onderskeidelik na ’n tikmasjien en rekenaar oorgedra is. Blykbaar was eersgenoemde se lopende skrif juis ekstra mooi!
So, hoekom is skryf beter as tik vir jou brein? Een navorser sê dat skrif veel meer aktiwiteit in die sensor-motoriese dele van jou brein prikkel. Verder word meer sintuie geaktiveer deur pen op papier te sit, die letters te sien en die geluid te hoor wanneer jy skryf. Sy sê hierdie sensoriese ervarings skep kontak tussen verskillende dele van jou brein en maak jou brein meer ontvanklik vir leer én dinge onthou.
Die slotsom?
Rekenaars is beslis hier om te bly, maar dit beteken nie dat jy jou notaboek opsy moet skuif nie; eintlik alles behalwe! Wetenskaplikes sê dus, as dit jou doel is om feite blitsvinnig op te som, is tik die roete om te gaan; maar as jy regtig moet leer, sin maak uit dinge en dit oor die lang termyn moet onthou – is skrif nét die ding.
En daarmee kan skrywers en joernaliste die wêreld oor sug van verligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie