Digte mis kniehalter wéér landings by lughawe
Ronelle Rademeyer - Twee vlugte uit Europa moes vanoggend (Dinsdag) na die Oliver Tambo Internasionale Lughawe by Johannesburg herlei word aangesien die mis opnuut wéér te dig bo die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hang.
Vlug SW286 uit Frankfurt kom nie om 05:00 land nie aangesien die sig te swak was. Die kaptein het besluit om na Johannesburg uit te wyk.
'n Rukkie later het die kaptein van die Condor-vlug wat moes inkom om te land, dieselfde besluit geneem.
Gister (Maandag) was drie vlugte genoodsaak om na ander lughawens te vlieg weens die digte newels en die feit dat sig baie beperk was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie