Dimensie – mites en feite
In September val die pers kollig op Alzheimersiekte, die 47 miljoen mense wêreldwyd wat met die siekte en ander demensies leef, asook families, versorgers en vriende wat hierdeur geraak word.
Berrie Holzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vertel meer oor die siekte:
‘Oumenssiekte, vergeetagtigheid’
Die twee algemeenste wanpersepsies oor demensie wat dikwels hand-aan-hand loop, is dat dit ’n oumenssiekte is en oor vergeetagtigheid gaan.
Al twee is ver van die waarheid, want slegs een uit elke vyf persone wat aan die siekte ly, is ouer as 80 jaar.
Demensie is ’n degeneratiewe siekte van die brein. Dit beteken dat die siekte die brein stuk vir stuk afbreek en laat sterf. Omdat die brein ’n orgaan is en dit algemeen bekend is dat alle organe mettertyd hul funksie verloor en stadig maar seker agteruitgaan, kan ’n mens wel redeneer dat ouer mense ’n groter risiko as jonger mense loop om dit te kry.
Daar is egter al mense in hul twintigs met die siekte gediagnoseer, maar die siekte, wat die degenerasie van die frontale breinlob behels, kom egter meer onder mense jonger as 60 jaar voor.
’n Mens ontwikkel dus nie die siekte omdat jy oud is nie, maar omdat jou risiko verhoog hoe ouer jy word.
In Amerika leef meer as 5 miljoen mense met demensie en twee-derdes hiervan is vrouens. Kenners meen vrouens bo die ouderdom van 65 jaar het ’n twee keer groter kans om demensie as borskanker te ontwikkel. Dit beteken egter nie dat demensie ’n vrouesiekte is nie – net soos dit ook nie net ’n “oumenssiekte” is nie.
Mense huldig ook die wanpersepsie dat hierdie “die groot vergeetsiekte” is. As demensie bloot net oor vergeet gegaan het, sou ons kon saamstem met die tannie wat eendag vir my gesê het: “Ai, dominee, die is nie ’n slegte siekte nie, want as mens in die moeilikheid is, maak jy net of jy vergeet het.”
As dit net oor vergeet gegaan het, moes die meeste van ons wat nou hier lees baie bekommerd raak en vir ’n demensie-diagnose dokter toe gegaan het. Wie kan sê ek vergeet nie soms waar ek my sleutels of beursie of selfoon gelos het nie?
Die vergeet van demensie is baie spesifiek. Dit gaan oor om nuwe inligting te vergeet en ook spesifiek belangrike inligting – soos of jy vanmôre geëet het of nie. Of demensie-lyers onthou wel dat hulle geëet het, maar kan glad nie onthou dat hul kinders later die dag vir hulle kom kuier het nie.
Dit behels nie die vergeet van nuwe inligting omdat hulle ná ’n groot operasie of motorongeluk getraumatiseer is nie, maar eerder ’n vergeetagtigheid wat duidelik waargeneem kan word, daagliks toeneem en ’n groeiende probleem raak.
Demensie-lyers kan byvoorbeeld nie die spoor terugvolg na byvoorbeeld ’n sleutel of beursie wat hulle verlê het nie.
Ander wanpersepsies
Ander wanpersepsies is dat iemand met demensie sy of haar identiteit verloor en dat iemand wat in ’n gevorderde stadium van die siekte is, nie meer kan onthou nie en daarom kan iemand iets kwetsend sê of doen en hulle sal dit gou vergeet.
In elke mens bestaan ’n “geheue van gevoelens”, negatief en positief, wat deur woorde, dade, musiek, gebeure en dies meer gevorm word en bly vorm – al is hulle in die laaste fase van demensie.
Daar bestaan ook die wanpersepsie dat hulle naderhand nie meer pyn ervaar nie omdat hulle dit nie kan lokaliseer nie. Pyn is egter die deel van demensie-lyers se lewe wat die swakste bestuur word.
Vir meer inligting, besoek Alzheimer Dementia Namibia se webblad by www.michellegrouptrust.wozaonline.co.za of kontak hulle by [email protected] of 081 283 3983.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie