Dimension Data noteer dalk wéér
Die groot Japannese selfoonmaatskappy Nippon Telegraph & Telephone (NTT) oorweeg om sy bedrywighede in Suid-Afrika te verkoop. Dit is verkry toe Dimension Data oorgeneem is.
Bloomberg berig daar is ook sprake dat Dimension Data se bestuur dit oorweeg om die maatskappy terug te koop en weer op die JSE te noteer.
Dit sal sewe jaar wees nadat NTT na Afrika uitgebrei het en die verkryging van US$2,7 miljard van Dimension Data gedoen het.
NTT is ook oop vir gesprekke met partye wat belangstel om die onderneming te koop.
Hulle wou nie geïdentifiseer word nie omdat die moontlikheid van 'n transaksie nog nie openbaar gemaak is nie.
Die bates word op sowat US$800 miljoen waardeer.
Grant Bodley, uitvoerende hoof van Dimension Data in die Midde-Ooste en Afrika, sê NTT wil nie die onderneming verkoop nie.
Een van die bronne na aan die saak sê 'n moontlike uitslag kan wees dat MTN die Johannesburgse Internet Solutions koop wat deel is van Dimension Data.
MTN wil sy internetdienste vir die sakesektor uitbrei om sy groei in Suid-Afrika 'n hupstoot te gee en met Telkom se vinnige groeiende BCX mee te ding.
Verteenwoordigers van NTT en Dimension Data in Tokio was nie bereikbaar vir kommentaar nie.
MTN het ook nie gereageer nie.
NTT besit Japan se grootste selfoonmaatskappy NTT Docomo.
Toe Dimension Data gekoop is, het die Suid-Afrikaanse maatskappy in 49 lande kantore gehad en 31 000 personeel. - Netwerk24/Bloomberg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie