Dink logies, nie emosioneel
Dink logies, nie emosioneel

Dink logies, nie emosioneel

Dani Booysen
Opnuut is veiligheid op Windhoek se Westelike verbypad op die agenda.

Dit volg nadat 'n tienjarige kind op die gevaarlike roete van die Namibiese hoofstad gesterf het. Die tragedie het uit sekere oorde kras en onsimpatieke reaksies uitgelok – houdings wat dalk nader aan die oorsaak van die hoë ongeluk- en sterfte­syfers op landspaaie is as wat sommige sal toegee.

Driftig word nou gesels oor die vermindering van spoedbeperkings op dié verbypad. Daar is selfs 'n voorstel om verkeer op punte tot stilstand te dwing.

Een redenasie is dat die pad veiliger sal wees teen 'n maksimum spoed van 80 kilometer per uur. En as bestuurders nie hul gedrag wil verbeter nie, sal hul glo gestraf word om teen 60 km/h van een kant van die stad na die ander te “kruie”.

Die planne is heeltemal in stryd met die konsep van 'n verbypad. Die beginsel is juis om reisigers toe te laat om – binne die wet – vinniger hul bestemmings te bereik.

Laer spoedperke gaan nie gedrag verander wat reeds gebaseer is op 'n mentaliteit van wetteloosheid en minagting vir medereisigers se lewens en regte nie.

Die feit dat uit die staanspoor nie stelselmatig voetgangerbrûe oor die pad gebou is nie, asook die swak beligting van die roete, is bloot die gevolg van swak beplanning. Die nuwe meestervervoerplan moet nou al dié skete reg dokter.

Op die imposante ooswaartse ontwikkeling van die verbypad sal daar net so roekeloos deur sommige gejaag word.

Min ingrypings sal sonder die nodige gedragsveranderings ooit slaag.



So sê ander

25 Julie 2017



Stadig met plan vir amnestie; SA verby dié punt



Die idee dat pres. Jacob Zuma amnestie moet kry en om vredeswil ongestraf toegelaat moet word om af te tree, laat 'n wrang smaak.

Die moontlikheid is die laaste paar jaar telkens geopper, ook deur Suid-Afrikaners wat goed bedoel. Hulle meen die land moet so gou moontlik aanbeweeg. 'n Vervolgingsaksie teen die politici en topamptenare van die afgelope dekade sal volgens hulle net nog geld en energie verspil wat vir dienslewering en goeie regering nodig is.

Daar is ook vrese dat Zuma se terugveg die land net nog onberekenbare skade kan berokken.

Moontlik sou daar nog sowat drie of vier jaar gelede 'n mate van aptyt vir so 'n voorstel kon wees. Maar ná alles wat tot dusver oor Zuma se blatante vergrype onthul is, is die antwoord vir vele Suid-Afrikaners 'n onomwonde nee.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!