Diplomatieke gades hou basaar
Nicolene du Plessis
Die gewilde kuns- en kosbasaar van die Vereniging van Diplomatieke Gades (ADS) vind vanjaar vir die sesde keer op 4 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 by die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) plaas.
In 2014 het 15 ambassades stalletjies gehad, maar nuwe lande soos, Japan, Rusland, Amerika en Brasilië neem hierdie jaar vir die eerste keer deel aan die basaar.
Eksotiese kossoorte van verskillende lande en kulture word teen billike pryse aangebied. Besoekers sal ook met danse en musikante vermaak word.
Vanjaar het die ADS ook ’n paspoort vir kinders van stapel gestuur. Hierdie paspoort sal kinders toelaat om meer te leer van kulture en daar sal ook aktiwiteite wees wat kinders sal besig hou, terwyl ouers die kleurvolle stalletjies kan geniet.
“Die doel van die basaar is om die gemeenskap te help en ons fokus vanjaar is om die geld wat ingesamel word, aan die geestesgesondheidsafdeling by die Windhoekse Sentrale Hospitaal te skenk,” het die president van die ADS, me. Nihad Tarhuni, gesê.
Verlede jaar het hierdie basaar ’n totaal van N$72 000 ingesamel en ’n deel daarvan is aan die beskermingseenheid vir vroue en kinders by die Katutura-staatshospitaal geskenk om nuwe meubels en sanitêre pakkies te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie