Dippenaar pleit vandag
Die man wat in 2014 glo ’n ongeluk veroorsaak het waarin ses mense gesterf het, se borgtog is met ’n dag verleng.
Jessica Botes - Mnr. Jandré Dippenaar (32), wat betrokke was by ’n gru-ongeluk in 2014 wat die lewens van ses mense geëis het, sal vandag op die klagte teen hom pleit.
Hoewel die verhoor gister in die streekshof op Swakopmund sou begin, het die staatsaanklaer, Hezekiel Ipinge, versoek dat dit uitgestel word om vir die ondervraging van sy getuies voor te berei.
Dít volg nadat Dippenaar se regsverteenwoordiger, adv. Louis Botes, sy kliënt se pleitverduideliking gister aan Ipinge oorhandig het.
“Ek het tyd nodig om die pleitverduideliking deur te gaan en my getuies weer te konsulteer. Die beskuldigde sal môre pleit,” het Ipinge gister gesê.
Landdros Gaynor Poulton het die staat se aansoek vir die uitstel van die verhoor aanvaar en gelas dat Dippenaar se borgtog tot vandag verleng word.
Botes het aan die hof gesê hy het die lys van staatsgetuies by Ipinge ontvang en dat die verdedigingspan gereed is om die verhoor voort te sit.
Die verhoor is in Mei verlede jaar vir die eerste keer uitgestel nadat die verdediging aansoek gedoen het om uitstel van byna agt maande sodat die staat se 200-bladsy ongelukverslag nagegaan kan word. Die verslag is eers einde April 2016 aan hulle oorhandig.
Dippenaar en die 17-jarige me. Antonia Klara Joschko, wat saam met haar gesin uit Duitsland in Namibië op vakansie was, is die enigste oorlewendes van die ongeluk.
Die meisie se ouers, mnr. Walter Helmut (48) en me. Stephanie Dorothea Schemick (49), en haar 19-jarige suster, me. Alexandra Marlene, het op 29 Desember 2014 gesterf op die pad tussen Swakopmund en Hentiesbaai. Die ander oorledenes is mee. Dina Pretorius (30) van Gobabis, Charlene Schoombe (24) van Windhoek en mnr. JC Horn (27).
Die Duitse toeriste was ná ’n besoek aan Damaraland en die Skedelkus in ’n gehuurde dubbelkajuit-voertuig op pad Swakopmund toe. Die vier Namibiërs was in ’n voertuig wat aan Pretorius behoort het van Swakopmund na Hentiesbaai op pad.
Dippenaar, ’n bekende in plaaslike motorsportkringe, het glo die voertuig bestuur.
’n Verbyganger het Dippenaar uit sy brandende voertuig gered en die Duitse tiener uit die ander motor bevry.
Dippenaar staan op ses klagte van moord, bedrog en bestuur sonder ’n rybewys tereg.
Joschko en familielede van die oorledenes, wat saam met Dippenaar in die voertuig was, was gister by die hof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie