Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander
Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

Jessica Botes
Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met beweringe van 'n doodsdreigement.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, het ’n sleutelgetuie vir die verdediging glo tydens vroeëre hofverrigtinge ’n getuie van die staat voor die hof in Swakopmund gedreig dat hy sy “nek gaan breek”. Iikuyu het gesê die polisie ondersoek die saak en sal die dossier aan die hof oorhandig sodra dit afgehandel is.

Dippenaar word daarvan beskuldig dat hy in 2014 weens ’n ongeluk op die pad tussen Hentiesbaai en Swakopmund ses mense se dood veroorsaak het.

Die verhoor sal in Julie 2019 voortgesit word. Alle party het op dié datum ooreengekom nadat die drie dae lange kruisverhoor van die meganiese deskundige mnr. Martin Graham Donderdag in die Swakopmund-streekhof afgehandel is.

“Daar is nie genoeg tyd om nog getuies aan te hoor nie en dus moet ons uitstel,” het staatsadvokaat Ethel Ndlovu gesê.

Die verhoor sal vanaf 8 tot 12 Julie, vanaf 12 tot 16 Augustus en vanaf 16 tot 20 September 2019 strek.

Familielede van die ongelukslagoffers, asook mnr. Eberhard Seybold, prokureur van me. Antonia Joschko wat die ongeluk op 29 Desember 2014 oorleef het, was gefrustreerd toe die aankondiging gemaak is.

“Dit lyk nie of ons dié week enige vordering in die saak gemaak het nie. Amper vier jaar is al verby,” het mnr. Petrus Pretorius gesê. Hy is die pa van me. Dinah Pretorius wat in die ongeluk gesterf het.

Seybold het bygevoeg: “Dit is baie frustrerend. So baie tyd is op kruisverhoor bestee en vrae gevra wat nie noodsaaklik is nie. Dit gee die indruk dat die verdediging tyd mors.”

Dippenaar het sedert die aanvang van die verhoor tot dusver net ’n paar woorde in die hof geuiter. “Onskuldig” het hy nege keer gesê en sodoende sy onskuld op alle aanklagte beweer. Aan die einde van die kruisondervraging het sy prokureur, adv. Louis Botes, dié woorde herhaal en gesê dat Antonia Joschko se pa vir die ongeluk aanspreeklik gehou kan word.

"Ons sal in die hof bewys dat die Ford Ranger in die baan van die FJ Cruiser was toe die botsing plaasgevind het," het Botes gesê.

Die meganiese deskundige het eenvoudig geantwoord: "Ek is geen rekonstruksiekenner nie. Ek het geen kommentaar nie."

Gedurende kruisondervraging het Graham nooit van sy weergawe afgewyk nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!