Dippenaar se spoed was glo 147,6 km/h
Erwin Leuschner in Swakopmund - ‘n Kundige het gister in die voortgesette moordverhoor van mnr. Jandré Dippernaar getuig die Duitse toeris teen wie se voertuig die beskuldigde se motor gebots het, het geen tyd of opsie gehad om uit te swenk nie.
Ses lewens is op 29 Desember 2014 buite Hentiesbaai in dié grubotsing geëis.
Volgens mnr. Johan Joubert het die voertuig wat Dippenaar bestuur het voor die ongeluk teen ‘n spoed van 147,6 kilometer per uur gery. Joubert, ‘n Suid-Afrikaanse kenner in die rekonstruksie van motorongelukke, getuig vir die staat.
Hy is kort ná die ongeluk deur die versekeraar Hollard versoek om ‘n verslag saam te stel.
Volgens Joubert het hy ‘n groot aantal faktore in ag geneem, byvoorbeeld die gewig en dimensies van die voertuie, padtoestande en die hoek van die pad. Sy gevolgtrekking was Dippenaar moes teen ‘n aansienlik uitermatige snelheid bestuur het.
“My berekeninge het getoon die FJ Cruiser het teen ‘n spoed van 147,6 km/h gery en die Ford Ranger teen ‘n spoed van 85 km/h,” het Joubert getuig. Volgens hom was die Cruiser, wat noordwaarts onderweg was, in die aankomende verkeer se baan.
Die spoedbeperking op die pad is 100 km/h.
Volgens Joubert het wyle mnr. Markus Joschko, onderweg in ‘n suidwaartse rigting, “geen ander opsie” gehad as om na regs in die teenoorgestelde baan uit te swaai nie. “As hy links geswenk het, sou dit heeltemal ‘n kop-teen-kop-botsing gewees het,” het die kenner gesê. “Ek is heeltemal seker daarvan.”
Die ongeluk het volgens Joubert 17 meter ná ‘n blinde hoogte gebeur. Dippenaar het volgens sy ontleding oor die hoogte gekom teen ‘n spoed van 41 meter per sekonde. Die ander bestuurder het daarom minder as ‘n sekonde gehad om te reageer. “Daar was niks anders wat hy (Joschko) kon doen om die ongeluk te voorkom nie,” het Joubert gesê.
Dippenaar staan tereg op ses klagte van moord, die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n geldige rybewys en bedrog. Hy het na bewering drie voertuie verbygesteek kort voor die botsing plaasgevind het.
Die verdediging sal Joubert vandag onder kruisverhoor neem.
Dippenaar se medepassasiers, mnr. Jan Carel (JC) Horn (27), me. Dinah Lavinia Pretorius (30) en Charlene Charne Schoonbee (24), het al drie omgekom. Joschko se vrou Stephanie (49) en hul oudste dogter, Alexandra (19), het ook gesterf. Antonia Joschko, toe 16 jaar oud, was die alleenoorlewende in die gesin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie