Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022
Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister in Swakopmund se streekhof na 11 Julie aanstaande jaar verdaag.
‘n Week is in Julie 2022 vir getuienis opsygesit, asook nog twee weke in September en Oktober volgende jaar.
Adv. Louis Botes het Dinsdag en gister vir mnr. Johan Joubert, ‘n ongelukspesialis wat vir die staat getuig het, onder kruisverhoor geneem.
Die hof het Joubert tyd gegun om GPS-koördinate na te gaan waaroor Botes duidelikheid wou hê. Hy het aangevoer dat die volledige lengte na sy mening gebruik moes word om die ongeluk en die skade aan die twee voertuie te ontleed, terwyl Joubert suiwer op die punt gefokus het waar die twee voertuie mekaar getref het.
Die punt van impak is volgens Joubert die belangrikste omdat dit bepaal waar voertuie na ‘n ongeluk tot stilstand kom.
Buiten die moordklagte (in plaas van manslag) staan Dippenaar ook tereg op klagte van roekelos en nalatige bestuur, bedrog en die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n bestuurslisensie. Die ongeluk het in Desember 2014 net buite Hentiesbaai plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie