Dippenaar-verhoor uitgestel
Die saak waarin 'n man op ses klagte van moord teregstaan, is vir ses maande uitgestel.
Jessica Botes - Die verhoor van mnr. Jandré Dippenaar wat op onder meer ses klagte van moord teregstaan, is tot Julie uitgestel.
Dit volg nadat die verdediging beswaar gemaak het teen die staatsaanklaer, Hezekiel Ipinge, se versoek dat me. Antonia Kiara Joschko, wat die gru-ongeluk van 29 Desember 2014 oorleef het, haar getuienis in die streekhof op Swakopmund moet lewer.
“Die ooreenkoms tussen die verdediging en die staat was dat Joschko eers later haar getuienis sou lewer. Die verdediging is dus nie op hierdie stadium voorbereid om die getuie te kruisondervra nie,” het Dippenaar se regsverteenwoordiger, adv. Louis Botes, betoog.
Hoewel Joschko, wat in Duitsland woon, verlede week met die begin van die verhoor in die hof was, is sy nie deur die staat gedagvaar om haar getuienis te lewer nie. Die saak is Vrydag tot 12 Julie uitgestel vir Joschko om haar getuienis te lewer.
“Joschko het onverwags opgedaag en dit was nie deel van die ooreenkoms dat sy nou sou getuig nie. Ons het intussen egter probeer om reëlings te tref vir die deskundige getuie van Suid-Afrika, wat ons sou bystaan, om hierheen te kom, maar dit was nie moontlik nie. Dus is ons nie in 'n posisie om Joschko te kruisondervra nie,” het Botes gesê.
Landdros Gaynor Poulton het die verdediging se beswaar toegestaan en gelas dat die verhoor uitgestel word. Joschko sal vanaf 12 tot 14 Julie getuienis lewer waarna die verhoor weer op 20 November voortgesit sal word.
KLAGSTAAT
Dippenaar en Joschko, wat saam met haar gesin uit Duitsland in Namibië op vakansie was, is die enigste oorlewendes van die ongeluk wat sowat 12 km voor Hentiesbaai plaasgevind het.
Sy het haar pa, Markus Walter Helmut Joschko, haar ma, Stephanie Schermuck, en suster Alexandra Marlene, in die ongeluk verloor.
Die drie passasiers wat saam met Dippenaar in die FJ Cruiser was, mee. Dinah Lavinia Pretorius (30) van Gobabis, Charlene Charne Schoombe (24) van Windhoek en mnr. Jan Carel Horn (27), is in die ongeluk dood.
Dippenaar staan op 'n klag van roekelose en nalatige bestuur met 'n alternatiewe klag van onbedagsame bestuur, 'n klag van bedrog met 'n alternatiewe klag van verskaffing van vals inligting, 'n klag van bestuur sonder 'n rybewys en ses klagte van moord tereg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie