Dis dáái tyd van die jaar
Ja, Oktober – die maand waarin mense moeg is en wag vir die komende vakansie. Die maand waarin Kersversierings oral in winkels is en almal irriteer, omdat Kersfees nog báie weke weg is.
Maar dis ook daardie tyd van die jaar wanneer kinders oral konsert hou. As dit nie ’n Kerskonsert is nie, is dit ’n danskonsert of ’n jaareindkonsert.
Ons familie is in die middel van dié seisoen.
Verlede week was dit my broer-hulle se dogtertjie se Kerskonsert. Hierdie jaar het hulle die Kersverhaal opgevoer.
Maar die engeltjie wat sy moes wees, was min beïndruk. Die lippies het skoon ondertoe gedraai, so ontevrede was sy met dié hele affêre. Dit kon nie vir haar vinnig genoeg verby wees nie.
Dit het my laat terugdink aan my seun se eerste kleuterskoolkonsert.
Die man was glad nie happy nie. Eintlik was hy só vies om op die verhoog te wees, hy het met sy klassie se verhoogbeurt sy hande die hele tyd oor sy gesig gehou.
Geen oortuiging van ons of sy gunstelingjuffrou het ’n verskil gemaak nie. Vir ons as ouers was daar nie eers ’n oomblik om hom in sy eerste konsert op kamera vas te vang nie, want ons kon nooit sy gesig sien nie.
Nee wag, ek jok. Ons het foto’s geneem van sy wegkruip-aksie en ons lag vandag kliphard oor sy “verhoogdebuut”.
Die jaar daarná het dit effens beter gegaan.
Steeds geen deelname van sy kant af nie, maar darem was die handjies nie oor sy gesig nie. Die groot deurbraak het in jaar drie gekom. Toe word daar sommer uit volle bors en luidkeels gesing en was daar niks wat hom kon keer nie.
Maar terug na die hede.
Hierdie week was dit ons dogter se beurt op die verhoog. Daar is al van verlede week af slapies afgetel (hoekom vat dit só lank?) só opgewonde is sy. En gelukkig het alles seepglad verloop. Kyk, daar is genoeg drama en draadwerk in dié kind dat ’n Oscar op haar wag.
Volgende week is my seun se hip-hopkonsert op die planke. Dit volg ná weke en weke en baie ure se oefening. Nee, regtig. Daar is die afgelope twee weke letterlik elke dag geoefen. So hy beter op die verhoog skitter.
Behalwe vir die tyd en brandstof en geld wat ons in die kleintjies se konserte indruk, is dit ongelooflik hoeveel energie die kinders se onderwysers in hierdie produksies insit. Ek kan hulle net bewonder. Want soos hulle in Hollywood sê: “Moet nooit met kinders of honde werk nie.”
Só is dit ook ’n uitdaging wanneer dit by kinderkonserte kom.
Ek haal my hoed vir julle af. Well done, en dankie dat julle bereid is om soveel ure en werk met ons kinders in te sit.
Volgende jaar maak ons weer so!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie