Dis die Irmgard in Grosse Bucht
Dis die Irmgard in Grosse Bucht

Dis die Irmgard in Grosse Bucht

Gerine Hoff
Tanja Bause – Talle besoekers – hierdie fotograaf en skrywer inkluis – het al gewonder oor die wrak wat in Lüderitz se Grosse Bucht gestrand lê.
Op navraag het mnr. Ulf Grünewald van die Nest Hotel egter die raaisel opgelos.
“Die Irmgard het aan my pa behoort,” het hy gesê.
Mnr. Hans Küstner het oor die tydperk van ’n jaar die boot in sy motorhuis gebou om kreef mee te vang. “Hy het dit ‘Irmgard’ – ná sy suster – vernoem en dit lank gebruik voordat hy dit verkoop het toe hy na Windhoek getrek het,” het Grünewald gesê.
“Ongelukkig was die nuwe bemanning aan die slaap die nag toe die ankertou breek, en in ’n vreeslike storm is die boot oor die klippe in Grosse Bucht tot op die strand geslinger. Dit was in 1978 of 1979. Nou is dit nog net die geraamte wat oor is,” het hy gesê.
Grünewald het ’n versoek gerig aan diegene wat dalk nog ou foto’s van die Irmgard op see het, om hom te kontak aangesien hy enigiets wat met die boot te doen het, graag sou wou bekom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!