Dis die klein goedjies wat tel
Ons is halfpad deur die jaar, en ek moet sê dit voel of die koue nog ‘n goeie paar houe wil inkry voor dit wyk.
Tussen ’n warm stort, ’n koppie koffie en ‘n ekstra 10 minute in die bed, besef mens dis rêrig die klein goedjies in die lewe wat saak maak.
Dis nie net hoe jy yskoue oggende aanpak nie, maar ook hoe jy die lewe en sy fynste besonderhede benader wat die grootste verskil kan maak.
Ek is nie die geduldigste mens in die wêreld nie, maar ek het onlangs besef hoe ongelooflik waardevol dit is om ‘n wag voor my mond te sit, en ook om nie onmiddellik te reageer nie.
Daardie ekstra paar sekondes se geduld kan selfs jou lewe red of jou minstens uit die moeilikheid hou.
Veral wanneer jy deur Windhoek se verkeer worstel, of jouself naby ‘n groep uitgesproke All-Black-ondersteuners bevind.
Ons kan nie almal straat-cowboys wees nie. Bly in jou baan en gaan jou gang - daar is groter dinge in die lewe as om deel van ‘n padvark se verhaal te word.
Die klein goedjies tel en kan baie vining op groot, ingewikkelde fiasko’s uitloop.
Selfs die goed wat ons sê of tik, kan in ’n monster van ’n probleem ontaard.
Dit gebeur dikwels met SMS’e en WhatsApps waarvoor ons so lief is.
‘n Hoofletter op die verkeerde plek of ‘n mening wat nie in die regte woorde uitgedruk is nie, kan groot probleme in persoonlike of werksverhoudings veroorsaak.
Ek het geleer om die “dinkwerk” namens die ontvanger van die boodskap te doen, en myself so duidelik as moontlik uit te druk.
Die ruimte vir misverstande is té groot en dis soms onmoontlik om uit slaggate te kom.
Dít is wat ek deesdae in my persoonlike interaksie met mense probeer toepas.
Almal moet presies weet waar hulle staan en wat van hulle verwag word.
Doen jouself ’n guns en sny soveel raaiwerk as moontlik uit, want om onseker te wees, veroorsaak net onnodige lyding en spanning.
Boonop is dit veel makliker om ‘n ding een keer te verduidelik as om iets voortdurend te moet herhaal.
Dit is dikwels ‘n uitdaging in ons bedrywige lewens.
My dae is soms só deurmekaar dat ek dikwels vergeet om SMSe te stuur, en dít ná ek die moeite gedoen het om alles daarin mooi te verduidelik.
Dit kom daarop neer dat hoewel jy goed bedoel en moeite met iets gedoen het, dit ook nie help as dit nie op die regte tyd by die regte plek uitkom nie.
Met die huidige sokkerkoors wat die wêreld oorneem, het base, babas en baie mammas eerstehandse ervaring van hoe die klein goedjies ‘n groot impak op iets kan hê.
Kyk net toe Duitsland teen Mexiko verloor het.
Die Mexikaners het só hard fees gevier dat hulle omtrent ‘n aardskudding veroorsaak het, en plaaslik was die luim effe droewiger - behalwe vir die brouerye, wat heel moontlik ’n reuse-hoeveelheid vertroosting as gevolg daarvan verkoop het.
Alles in die lewe het gevolge, en om jouself teen negatiewe gevolge te beskerm, moet jy op die klein goedjies let sodat hulle nie groter raak en jou in ‘n slaggat laat beland nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie