Dis hy wat glo mense by Britse parlement omry
Die man wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ’n terreuraanval voor die Britse parlement in Londen uitgevoer het, is Salih Khater, ’n Britse burger wat oorspronklik van Soedan is, het Europese veiligheidsbronne aan Reuters gesê.
Khater (29) is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo met opset met ’n motor in voetgangers en fietsryers ingejaag het. Drie mense is beseer. Die motor het daarna teen veiligheidsversperrings buite die Britse parlement gebots.
Neil Basu, woordvoerder van die metropolisie, sê Khater was nie bekend aan MI5 of die teenterreurpolisie nie.
Nassar Mahmood, ’n trustee van die Birmingham-moskee, sê lede van die Soedannese gemeenskap was onder die indruk dat Khater in Londen was vir sy visum.
“Hy het aansoek om sy visum deur die ambassade probeer doen want hy wil na die Soedan teruggaan,” het Mahmood aan verslaggewers gesê.
Khater het nie aanbidding by die moskee gedoen nie en het geen tekens van radikalisering getoon nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie