Dis in my bloed
Die afgelope week het ek besoek aan die Kaap afgelê. Uiteraard is dit altyd vir my lekker daar omdat ek die meeste van my grootwordjare, eintlik die meerderheid van my bestaan, daar deurgebring het. Dis natuurlik dat dit vir my fraai sal wees. ‘n Leeuwelpie is die gemaklikste waar hy sy voete vind, en nie op ‘n dansvloer nie. Hoewel hy moontlik geleer dans kan word, bly hy ‘n leeu. Ek beperk my trips Kaap toe tot twee maal per jaar, anders maak ek slapende honde wakker en verlang na alles wat nooit ’n werklikheid geword het nie.
Ek nou al ‘n geruime tydjie in Namibië. Ek voel die teorie van die vorige stelling maak my ‘n Namibiër (en ek is immers hier gebore. Ek moet Namibië iewers in my bloed hê). Mense begin al sê dat ek nie meer baie soos ‘n Kapenaar lyk nie. Nie dat ek enigsins weet hoe ‘n Kapenaar lyk nie, maar ek vermoed my vellies en kakiehemde is nie heeltemal so van pas in Langstraat nie. Die grasbaard om my ken en wange verskaf terselfdertyd ook leidrade dat ek nie meer in die Moederstad woonagtig is nie.
Jy dra netjiese, gestrykte hemde en jou baard hou jy onder beheer. Bietjie langer as ‘n vuurhoutjiekop, dan is jy ‘n jappie. Ek sal dit vat, maar nie baie mense hou van dáái term nie.
So is ek op pad, hier oor huis toe. Of is dit nou huis? Hulle sê mos jou huis is waar jou hart is en in hierdie stadium van die geveg maak my hart tussen Bloubergstrand en Windhoek nes. Nooit lank genoeg om ‘n nuwe huis te broei nie. Albei hierdie plekke is deel van my. En sorg vir baie rubrieke. Ek verkies dit om oor die dinge wat my beïnvloed en mens maak te skryf.
Die Kaap is ‘n groot bederf. Soos altyd. En hiermee verwys ek na vele aspekte in ons daaglikse lewens. Byvoorbeeld: 10 avo’s kos R30. Ek is vreeslik stout vir ‘n avobroodjie. So, vir ‘n afskop was ek baie opgewonde. Verder geniet ek al die klein kafees, koffiewinkels, bakkerye en wynplase.
Min dinge kom by ‘n lekker rooiwyn as die Ceres-sneeu dwarsdeur jou ribbes steek. ‘n Besoek aan die Waterfront is vir duisende mense van oraloor die wêreld ‘n geweldige lekkerte. Ek kan aanhou, maar dit sal net vervelige leesstof wees. Hierdie rubriek handel eintlik oor my terugkoms. Na my ánder huis. My Windhoek-huis. Hier naby die werk, vanwaar ek hierdie rubriek skryf.
Ek het nooit gedink ek sal hierdie punt in my lewe bereik nie. Die punt waar Kaapstad een trappie af op my lys van gunstelingplekke in die wêreld sou beweeg nie. Iets het gebeur. En ek is tans nog nie seker wat dit is nie. Nog minder wanneer presies hierdie verandering plaasgevind het nie. Waarvan ek wel seker is, is dat ek oor die naweek, toe ek op Hosea Kutoka van die vliegtuig afgeklim het, dieselfde gevoel gekry het as toe ek in die Kaap gaan kuier het.
’n Gevoel van rustigheid. Ek wil amper sê die gevoel van tuis wees, daai plek wat huis genoem kan word.
Die kuier in die Kaap was lekker en dit sal altyd lekker wees, maar toe ek gisteraand buite op my stoep ‘n beker koffie drink, was ek rustig. En kalm. Ek vermoed dis omdat ek by my huis was. Die plek waar ek kan doen wat ek wil, wanneer ek wil en hoe ek wil. Dís hoe jou huis moet voel. Die feit dat ons nog bietjie water oor het en die Kaap kurkdroog is, speel natuurlik ook ‘n geweldige rol, maar dit is ‘n bonus. Namibië was al van dag een af in my bloed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie