'Dis jou skuld, pres. Zuma'
'Dis jou skuld, pres. Zuma'

'Dis jou skuld, pres. Zuma'

Vertroue in Suid-Afrika is steeds aan die afneem met die jongste kredietgradering deur Moody's is 'n tekenende voorbeeld hiervan.
Vida Booysen



Die kredietgraderingsagentskap Moody's Investor Service se besluit Vrydag­aand om Suid-Afrika se kredietgradering 'n kerf af te skuif, met 'n negatiewe vooruitsig, moet op pres. Jacob Zuma se brood gesmeer word.

Dít is die reaksie wat die naweek aan 'n wye front opgeklink het nadat Moody's Suid-Afrika se staatskuld in sowel buitelandse geldeenhede as in rand tot Baa3, net een vlak bo rommelstatus, afgegradeer het.

Die negatiewe vooruitsig maak nog afgraderings, dié keer tot rommelstatus, later vanjaar moontlik.

Riefdah Ajam, waarnemende hoofsekretaris van Fedusa, sê die vakverbond het alle vertroue in Zuma verloor en dat ondeurdagte besluite die land nou in wanhoop gedompel het.

Moody's het die “skielike” kabinetskommeling en vervanging van Pravin Gordhan as minister van finansies deur Malusi Gigaba as een van die vernaamste redes vir die strukturele en beleids­onsekerheid uitgelig.

“Die institusionele raamwerk het minder deursigtig, doeltreffend en voorspelbaar geword terwyl beleidmakers se beloofde verbintenis tot hervormings nou minder duidelik is,” sê Moody's.

“Wat Moody's hiermee sê, is dat die afgradering pres. Zuma se skuld is,” sê die makelaar en markontleder Karin Richards.

Iraj Abedian, hoofekonoom van Pan African Investment and Research, sê die enigste manier om nog 'n afgradering te vermy is om die direksies van alle staatsinstellings af te dank, korrupte ministers te vervang en die land eerlik en vaardig te regeer.

Die tesourie sê die regering vra alle Suid-Afrikaners om selfs harder saam te werk om die kwessies wat Moody's uitgelig het, aan te pak.

Die grondslag vir 'n sterker groeikoers en sterker maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling is reeds gelê. Dit sluit in die hervorming van bestuur en die uitroei van finansiële swakhede wat staatsondernemings kenmerk, sê die tesourie.  - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.92 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.62/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.75/BBP DOWN -0.0195 | Platinum US$ 988.61/OZ UP +0.03% #N/A