Dis maar net die begin. . .
Daar in die onderdorp, ek wil amper sê waar Windhoek se mense die hardste werk, ry ek gister rond. My kar se lugreëling blaas vir die eerste span. My hare waai só, dit lyk of ek in 'n shampoo-advertensie speel.
Ek moet in Macadamstraat wees. Daar is 'n galery en ek het 'n afspraak met Gina Figueira en Helen Harris. Ek is so opgewonde ek kry nie my rigting nie. Uiteindelik kry ek die straat. Parkeer op 'n geel streep, haak my kamera oor my skouer en kyk of my Southern Sun-pen in my bo-sak is. Ek is reg. Dit was net die hitte wat my laat hik het.
Hier sit die twee op swart stoele. Dit lyk of hulle deel is van die kuns teen die mure. Ek twyfel vir 'n wyle aan my sig. Die regterkantste dame beweeg stadig, asof sy bang is sy breek iets. Die een oorkant haar doen dieselfde. Ek besef hulle weet nie van my nie.
“Hallo,” sê ek. “Ek is die ou van die koerant.” Skielik staan albei op. Steek hul regterhande uit en skud blad.
Toe weet ek ek hou van hulle, van wat hulle doen en van wat ons gaan doen.
Ek kry hierdie gevoel altyd met 'n groetslag. Agter Helen en Gina pronk die mooiste kuns in skakerings van hartseer, oorspronklikheid en hoop. Elkeen vertel 'n storie.
Helen en Gina is die breine agter die StArt Art-galery, 'n onafhanklike galery in Windhoek, en StArt Art-konsultante.
Beide is tussen kwaste en skilderye in Windhoek gebore.
Met haar wortels diep in die kunsgemeenskap geanker, het Helen al as pienkvoet 'n waardering vir kuns gehad.
Dít te danke aan haar ma, Nicky Marais, en haar ouma, Christine Marias - beide skilders.
Gina het op 'n baie jong ouderdom reeds haar eerste happies kuns ingekry.
Wyle Tony Figueira was Gina se pa en hy was haar inspirasie, sê sy.
Gina het in 2015 'n honneursgraad in beeldende kunste aan die Rhodes-universiteit voltooi.
Helen het in 2014 haar honneursgraad in beeldende kunste aan die Universitieit van Kaapstad voltooi, met onder meer antropologie as hoofvak.
Sedert hulle graad gevang het, was beide Helen en Gina aktief by Namibië se kunsgemeenskap betrokke.
Hulle het onder meer as kurators vir private en openbare uitstallings opgetree.
Van 2016 tot 2017 het beide hierdie kunsfoendi's by die Nasionale Kunsgalery van Namibië as kurators gewerk. StArt Art-galery is die produk van hul ervaring en toekomsvisie vir plaaslike kuns.
Waar het die idee vir die galery ontstaan?
Die idee het mettertyd posgevat. Ons het moontlikhede oorweeg en wat dit sou beteken as ons aan beide kunstenaars en die publiek 'n onafhanklike galery kan bied. Ons wou 'n area skep waar 'n balans tussen kreatiewe prosesse en kommersiële sukses kan bestaan. Teen die middel van 2017 het ons vier jaar se ervaring in die plaaslike kunsbedryf gehad en in dié vier jaar het ons nog geen onafhanklike galery gesien wat slegs op visuele kuns gebaseer is nie. Daar was 'n groot opening in die mark en ons wou dit vul. Ons droom het teen September verlede jaar 'n werklikheid geraak. Die ligging van die galery is bevestig en op 28 September het ons ons deure oopgemaak.
Hoe het julle op die naam besluit?
Ons beide hou van tong-in-die-kies woorde en toe die naam StArt Art Gallery opduik, kon ons dit eenvoudig nie ignoreer nie. Ons wou iets anders doen. Iets nuut en vars. So, die naam het lekker by ons visie gepas. Dit moes duidelik wees die galery was 'n nuwe begin vir kurators, kunstenaars en die publiek. Ons uitstalling werk in siklusse en ons probeer elke maand 'n vernuwende werksmodel op spesifieke uitstallings toepas. Dit is vir ons belangrik om elke uitstalling met dieselfde entoesiasme aan te pak - amper of dit ons eerste een is. Maar dis ook belangrik dat ons voortdurend kyk wat werk en wat pas nie lekker nie. Ons wil gedurig nuwe projekte en idees aanpak en StArt Art is die platform hiervoor. Ons wil ook soos ander onafhanklike galerye 'n groot impak op die kunsgemeenskap hê.
Wat maak jul galery uniek?
Die meerderheid galerye in Namibië word tans deur die publiek gedomineer en deur die staat gefinansier. Hierdie instansies doen ongelooflike werk en hul uitstallings speel 'n belangrike rol in ons bedryf. Hoewel hulle in een groot opsig van ons verskil: StArt Art is 'n onafhanklike galery en moet dus kommersieel 'n bestaan kan maak, omdat ons nie finansiële ondersteuning van die owerhede ontvang nie. Dit beteken ook dat ons missie is om kuns te verkoop. Onafhanklike galerye doen nie wat ander instansies doen nie. Die Nasionale Kunsgalery van Namibië het byvoorbeeld 'n ernome permanente uitstalling wat die geskiedenis van Namibiese kuns baie mooi uitbeeld. Ons fokus eerder op kontemporêre kuns wat tans in Namibië beskikbaar is. Die plaaslike kunsbedryf is afhanklik van beide privaat instansies en staatsinstansies. Ons bewonder die Project Room en Fine Art Gallery op Swakopmund vir die fantastiese werk wat hulle doen. Hierdie twee onafhanklike galerye hou al jare lank pragtige uitstallings en ons is bly om nou deel van hulle te
wees.
Hoe lok julle die publiek?
Ons probeer aanlyn so visueel as moontlik te wees. Met tegnologie wat voortdurend verander en groei, is dit noodsaaklik vir die opbou van ons reputasie. Ons webtuiste beskik oor al ons kontakbesonderhede en ons is aktief op Facebook, Twitter en Instagram, maar ons dink dit is die fisieke ruimte wat mense lok. Dit is 'n besonderse spasie wat ons het. Kom kyk self.
Stal julle net spesifieke kunsgenres in die galery uit?
Ons het geen beperkinge wat genre betref nie, maar ons fokus hoofsaaklik op kontemporêre, Namibiese kuns. In ons verband verwys dit na kuns wat oor die afgelope paar jaar en tans deur Namibiese kunstenaars wat hier woon, vervaardig is.
Hoe was die reis tot nou toe?
Dit was ongelooflik. Tot dusver was dit baie opwindend en ons het nog net positiewe terugvoering gehad. Natuurlik was daar uitdagings en struikelblokke, maar dit is so met enige nuwe inisiatief wat 'n mens aanpak. Ons is uit die veld geslaan deur al die ondersteuning wat ons by kunstenaars en die publiek kry en dit maak alles vir ons die moeite werd.
Wie besoek jul galery?
Ons is verheug dat die Namibiese publiek ons goed ondersteun en op 'n gereelde basis na uitstallings kom kyk. Dit is wonderlik om te sien wie almal hier by ons kom draai. Mense uit alle lewensoorde. Ons wil baie graag toeriste ook begin lok, maar dit is 'n groter uitdaging. Dit help natuurlik baie dat ons galery langs The Wolfschack Wine Bar is. Dit is 'n baie gewilde kuierplek en het 'n fantastiese atmosfeer wat 'n groot trekpleister is.
Wat is StArt Art se hoofdoel?
Ons wil bloot 'n platform vir plaaslike kunstenaars skep en toegewy daaraan bly. Ons wil ook kuns wat plaaslik vervaardig word meer ontwikkel, maar terselfdertyd seker maak dit is kommersieel volhoubaar. Ons kommunikeer met kunstenaars op 'n intellektuele vlak en moedig hulle aan om hul passies te verken.
Wil julle internasionale kuns ook uitstal?
Ons het al daaroor gepraat. Ons wil in 'n later stadium daarna kyk om Afrikakuns in die galery te kry. Daar is so baie uitsonderlike kunstenaars in die res van die wêreld, maar ons poog om plaaslike kunstenaars te alle tye te ondersteun. Daar is ook Namibiese kunstenaars wat in ander wêrelddele bly en 'n lewe daaruit maak. Ons wil hulle werk ook graag by die “huis” ten toon stel.
Wat is die rol van kunsgalerye in die gemeenskap?
Dit is belangrik dat daar onafhanklike galerye sowel as staatsinstansies bestaan. Sodoende kan daar aan 'n breër spektrum van mense se behoeftes voldoen word. In terme van kommersiële galerye, soos StArt Art, is dit belangrik vir kunstenaars om hul werk in 'n spasie te kan uitstal waar ander mense dit kan waardeer. En om dit dan ook beskikbaar te stel om te koop. Visuele kunste vorm nie net 'n groot deel van ons samelewing nie, maar die kunstenaars is hoogs gedrewe en verdien die nodige lof daarvoor. Galerye bevorder ook twee groot aspekte van die lewe - hulle bevorder die ekonomie en bied 'n platform vir kreatiewe uitdrukking. Die balans tussen dié twee is die grootste uitdaging vir enige galery.
Indien 'n kunstenaar in jul galery wil uitstal, hoe moet hulle te werk gaan?
Ons het verskeie maniere waarop ons te werk gaan. Ons verkies om in die eerste fase 'n portfolio van die kunstenaar se werk te sien. Dit kan ou werke wees of selfs net foto's van werk wees waaraan hulle nog werk. Hierdie fase gebeur gewoonlik oor e-pos. Indien die kunstenaar nie toegang tot die internet het nie, vra ons dat hy/sy 'n afspraak met ons maak. Van daar af besluit ons of die kuns by een van ons groepuitstallings sal pas en of dit eerder as solo-uitstalling aangebied moet word. Indien die moontlikheid van 'n solo-uitstalling bestaan, moet ons koste-implikasies en ander administratiewe kwessies bespreek. Ons fokus wel op kunstenaars wat al vantevore uitgestal het, omdat hierdie verhouding tussen kurator en kunstenaar belangrik vir die groei van ons galery is.
Wat is volgende vir StArt Art?
Ons is tans besig met die beplanning van 'n baie druk program wat oor die volgende paar maande sal strek. Ons volgende uitstalling open op 15 Februarie. Dit is 'n solo-uitstalling deur die bekende plaaslike kunstenaar Barbara Böhlke. Ons is baie opgewonde oor 22 Februarie wanneer ons ons eerste pARTicipate-sessie van die jaar sal aanbied. Inligting hieroor sal later bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie