Dis ’n perd van ’n ander kleur
Gerine Hoff
Ons gesels nou die dag om die braaivleisvuur met ’n familievriend wat met aandele en op effektebeurse speel, en hy vertel hoe hy onlangs ’n belegging in die “metaverse”gemaak het.
As jy soos ons gevra het, wat op aarde is die metaverse, verduidelik die Oxford-woordeboek dit as’n virtuele-werklikheidsruimte waarin gebruikers interaksie met ’n rekenaargegenereerde omgewing en ander gebruikers het. Wikipedia verduidelik verder: ’n Metaverse is ’n netwerk van virtuele 3D-wêrelde wat op sosiale verbinding gefokus is.
“In futuristiese en wetenskapfiksie word die term dikwels beskryf as ’n hipotetiese gedurige herhaling van die internet as ’n enkele, universele virtuele wêreld wat gefasiliteer word deur die gebruik van virtuele en verhoogde realiteit-kopstukke,” aldus Wikipedia.
Saam met terme soos “nuwe normaal” en “NFT” (non-fungible token – ’n versamelbare digitale bate wat ’n waarde het – vir ingeval jy nie geweet het nie) het metaverse ’n gonswoord in elke tegnologiese bespreking oraloor die wêreld geword, soveel so dat Facebook selfs hul maatskappy se naam daarna verander het.
Blykbaar gaan die metaverse die manier waarop ons die wêreld sien en ervaar, verander. Jy self kan aansluit deur een of meer avatars van jouself te skep om saam met ander gebruikers oor die wêreld in hierdie gedeelde ruimte te kuier. Blykbaar soos in ’n videospeletjie, maar elke karakter is eintlik ’n regte persoon wat agter ’n rekenaar sit of ’n VR-bril het, iewers anders in die (regte) wêreld.
Jy sal byvoorbeeld uit jou virtuele huis in die metaverse kan instap, ’n vergadering in jou “kantoor” bywoon en daarna vriende vir virtuele drankies ontmoet of saam ’n potjie tennis gaan speel. En dit alles sonder om jou lessenaar te verlaat.
Waar mense IRL (in real life) daarvoor tyd het, is natuurlik ’n hele ander gesprek.
Maar dit gaan nog verder, want selfs maatskappye klim nou op die “band wagon”.
So het Nike byvoorbeeld reeds planne om tekkies en ander klere aan gebruikers in die metaverse te verkoop en Coca-Cola het ’n “bubble jacket” vrygestel wat in Decentraland gedra kan word.
Meta (Facebook) ontwikkel ook ’n magdom produkte soos handskoene wat jy kan dra wat jou toelaat om fisiek items in die metaverse te “voel”.
Jy kan self jou eie produkte maak en aan jou metaverse “vriende” verkoop, soos die Chinese sakevroue Ailin Graef wat tien jaar gelede in die Second Life-metaverse virtuele klere begin verkoop het en vandag ’n multimiljoenêr is.
So, as jy die eerste virtuele stap wil neem, hoe gemaak?
Blykbaar is dit so maklik soos om net bietjie rond te kyk vir ’n metaverse waarvan jy hou. Metaversers sê elke wêreld het sy eie voor- en nadele.
Op grond van jou begroting kan jy besluit of jy die metaverse wil ervaar as ’n speler, ’n eiendomsmagnaat, ’n ambagsman of sommer al drie.
En dalk kan jy uiteindelik daar sexy lyfie skep waarna jy nog altyd gesmag het!
Klink alles bietjie té SciFi vir my; ek dink IRL is eerder die plek vir my.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie