Dis u2019n taai mark vir beleggers, su00ea PSG
Dis u2019n taai mark vir beleggers, su00ea PSG

Dis ’n taai mark vir beleggers, sê PSG

Van die aandele wat die afgelope jaar goed gevaar het, was hulpbronaandele, wat met 18,6% gegroei het.
Francois Williams – Die beleggingsomgewing is tans baie taai, het Anet Ahern, uitvoerende hoof van PSG Batebestuur, erken.

Maar die kontant wat PSG se beleggingsfondse die afgelope jaar of wat in hul portefeuljes opgegaar het, het hulle die afgelope paar maande gebruik deur in geleenthede te belê wat sedertdien opgeduik het.

Shaun le Roux, fondsbestuurder van PSG Batebestuur, gee toe PSG se fondse het oor die afgelope 12 maande nie goed gevaar nie. Hy het op ’n inligtingsessie aan finansiële adviseurs gesê die afgelope sewe maande was moeilik en die PSG-ekwiteitsfonds het in die afgelope 12 maande 8,9% verloor, teenoor die JSE se indeks van alle aandele wat met 4,4% gegroei het.

Van die aandele wat goed gevaar het, was hulpbronaandele, wat met 18,6% gegroei het.

In die buiteland het Amerika goed gevaar, met die S&P 500-indeks wat in rand wat 13,2% opgelewer het.

Le Roux erken PSG het ’n paar foute gemaak die afgelope paar maande, soos die belegging in Tongaat Hulett wat heelwat verloor het weens sy rekeningkunde-probleme.

Maar in 2015 was PSG in bykans dieselfde bootjie, vertel Le Roux, toe die JSE met 5,1% gegroei het maar die PSG-ekwiteitsfonds 4% swakker was. Die jaar daarna het die fonds egter 25% opgelewer teenoor die JSE se slegs 2,6%.

Hulpbronaandele het daardie jaar met 26% gegroei toe niemand lus was om in hulle te belê nie.

Le Roux verduidelik PSG het juis toe swaar in mynaandele belê. “Die gemiddelde belegger gaan sukkel om te doen wat ongemaklik is, soos om in aandele te belê wat nie op die oomblik gewild is nie.”

Kliënte sal nou wil sê hulle wil teruggaan na kontant omdat pryse te laag is, maar die hele konsep van gedragsvoorkeure, vrees vir verlies en die emosies in beleggersgedrag kom nou ter sprake, het hy aan die groep finansiële adviseurs op die inligtingsessie gesê.

Navorsing in Amerika wys die gemiddelde belegger in gebalanseerde fondse het oor 20 jaar net ’n opbrengs van 2,58% behaal. “Die gemiddelde kliënt is te vol selfvertroue en probeer die mark se tydsberekening bepaal, pleks van om langer in die mark te bly.” In ’n 20-jaar-tydperk was die gemiddelde tyd waarin beleggers ’n markposisie behou het, net onder vyf jaar.

Vorige prestasie is ’n swak riglyn vir toekomstige resultate.

Die strategie om verloorders te verkoop en te hou by die wenners werk nie altyd so goed nie, wys data van 26 jaar, sê Le Roux.

Hy gee toe PSG se fondsbestuurders is ook geneig tot sulke tipe gedrag, maar die groep probeer bewustheid kweek daaroor en probeer teen die stroom gaan deur dapper te wees as ander bevrees is, en bevrees te wees wanneer ander dapper is, om laag te koop en hoog te verkoop.

Le Roux erken mense sal vra hoe pas ’n maatskappy soos Old Mutual by PSG se metode van beleggingsbesluite in, want hulle weet nie eens wie sy uitvoerende hoof is oor die volgende halfuur nie.

Hoe is Tongaat dan ook deur dié metode gekies? Die intrinsieke waarde van die bates was aansienlik hoër as die aandeelprys in die stadium toe PSG in Tongaat belê het, so dit het daarom ingepas, het hy verduidelik. Maar intussen het PSG besef dít was ’n fout. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!