Dis net ‘cool’ as jy ryk is, of so dink mense
Iréne-Mari van der Walt
Te midde van die onrus in Belarus, sit en kyk ek – soos baie van ons – die beeldmateriaal wat die internasionale nuuskanale beeldsend.
Die president van Belarus vra die Europese Unie om sy mense in te neem te midde van die krisis, sê die teksboks onder aan die skerm. Dit terwyl ek kyk hoe groepe mense om kampvure sit en hul hande warm hou en ’n man in ’n blou mussie – wat lekker warm lyk – op die skerm verskyn. Ek dink by myself ek moet vir my ook so een kry as ek weer gaan kamp en skielik lyk die hele affêre soos ’n luilekker kampsessie.
Nou luister, ek is nie dom òf onsimpatiek genoeg om nie te weet dat wat in Belarus gebeur nie vir enigiemand ’n lekker ondervinding is nie, maar tog verbeel ek my ek kon so ’n vuurtjie geniet.
Skielik onthou ek my broer se woorde circa 2017 toe almal wat gedink het hulle is cooler as die volgende persoon verweerde tekkies en rugsakke gedra het.
“Dis net cool as jou ouers geld het,” het hy gesê terwyl ons kyk hoe ’n welaf sakeman se seun in verweerde tekkies verbyloop.
In ons huis, veral in daardie tyd, was geld maar skaars. My ma kon nie vir ons duur tekkies koop nie en nog minder kon sy bekostig dat ons dit só verrinneweer. Maar ek dink haar trots was ’n groter faktor as haar geldsake. Sy sou nooit haar kinders toelaat om in die openbaar rond te loop as dit gelyk het of die wind en weer ons beetgekry het nie.
Nou wat het Chad se geskeurde hemp met Belarus te doen? Die hoofpunt is hierdie: dit is net cool as jy ryk is. Jy sien, ons Namibiërs haal maklik ’n paar duisend Namibiese dollar uit om ’n paar kaste bier te koop en vir ’n paar kampplekke vir ’n nag.
Dan noem ek nie eens die duisende dollars wat ons uitgee om ’n klein stukkie seil oor ons koppe te hê nie.
Daar moet immers iets tussen ons en die leeus en die hiënas wees. Die stukkie seil waarvoor ons duisende dollars opgedok het, beskerm ons teen niks meer as ons wreedste gedagtes nie, maar ons Namibiërs hou seker daarvan om die dood in die oë te staar.
Daar sit die inwoners van Belarus in hul tente en jy kan in hulle oë sien hulle is gebroke. Die verlange na ’n gekookte bord kos en ’n sagte plekkie om hul koppe neer te lê, spook op elkeen se gesigte. Van hulle steek dit beter weg as ander, maar ek wil ’n ieder en ’n elk van hulle in my huis verwelkom en net ’n lekker kerrie of ’n stomende bakkie lensiesop voorsit. Ek wil net weet dat hulle ten minste een aand met ’n vol maag gaan slaap.
Vir meeste van ons is daar niks lekkerder as om ons goed te pak en weg te breek vir ’n kampsessie nie. Ek kan nie met sekerheid weet nie, maar ek glo vir die siele van Belarus sou daar niks lekkerder wees as om hul goed te pak en weg te ry van hul kampeerplek af nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie