Dis nie altyd nodig om te huil nie.
Karin Eloff - Okay, ek weet dis nie naastenby so ’n gedoente soos die einde van jou héle skoolloopbaan nie.
Maar dis groot, is dit nie?
Spruit het sopas haar laerskoolafskeid gate uit geniet, dalk selfs ’n bietjie té veel, en binne ’n paar weke is haar laaste laerskoolklas en -eksamen ook verby. Nooit weer gaan sy met ’n hartjie vol bewondering vir ’n juffrou ’n blommetjie,’n tuisgemaakte kaartjie of ’n tjoklitjie gee nie. Nooit weer gaan sy by die skool in trane uitbars omdat die bome op die perseel se “arms” afgesaag word nie. Nooit weer sal Mamma ’n kwaai juffrou met die Human Rights Commission kan dreig nie, want face dit, dis net embarrassing. Nooit weer gaan Spruit haar arms om die skoolhoof se bene slaan en dink hy is dié coolste potlood in die pakkie nie. Nooit weer gaan sy skool-skool speel of kissing touchers of vroteier nie. Régtig?!
Verby is die dae wat Mamma weet watse huiswerk sy het en wanneer sy ’n toets skryf. Mamma gaan nou moet terugstaan en Spruit self moet laat leer en self moet laat foute maak.
Mamma gaan dalk ook nou ’n bietjie moet grootword en soos ’n hoërskoolmamma moet begin optree en aantrek.
Miskien moet ek nou ook ’n Can I speak to the Manager-haarstyl kry, my tone ’n skaflike koraalkleur verf en ligte serpies en krale vir elke geleentheid aanskaf. En ek moet asseblieftog nou ook ’n grootmenskar aanskaf wat ek nie kan parkeer nie. Want lyk my dis die inding.
Gelukkig is Spruit nog nie verlief nie, maar sodra sy is, is die dae van lelik sit, burp in die openbaar, tande borsel skip, hare borsel skip, soos ’n tomboy rondhol en gesigte trek seker ook verby. Of miskien nie. Miskien kry sy ’n kêrel met ’n baie spesiale sin vir humor.
Die punt is, sewe jaar se kindwees is verby. Ons gaan dit nooit weer terugkry nie.
En ek wonder: Wanneer moet ek nou huil, of moet ek heeltyd huil? Of is dit nie nodig om nou al te tjank nie, moet ek liewer wag tot sy my rede gee om te tjank? Die proses van laerskool verlaat is eintlik so uitgerek dat mens nie weet wanneer die geleentheid jou nou eintlik moet beweeg nie. Hul afskeidspartytjie was allermins iets om oor te huil, en haar laaste laerskooldag blend so half in met die begin van die eksamen. Miskien sal ek gemove voel wanneer sy haar laaste vak skryf. Ek vermoed ek gaan so bly wees die eksamen is verby dat ek nie regtig ’n traan sal kan uitdruk nie.
Die feit is, ek wíl eintlik nie huil nie. Ek is opgewonde vir Spruit oor die begin van haar hoërskoolloopbaan. Báie. Want hoe ouer mens raak, hoe meer vryhede het jy - die vryheid om jouself te wees, om foute te maak, om jou identiteit op die kreatiefste manier wat jy kan, te bou. Hoe ouer mens raak, hoe nader raak jy aan jouself. En dít maak my opgewonde. Ek kan nie wag om te sien wie my kind gaan wees wanneer sy heeltemal haarself is nie.
Spruit is ook opgewonde. Sy maak haarself los van potloodskerpmaaksels en vrot kosblikke en laas jaar se opgefrommelde wiskunde-huiswerk en strek haarself uit na tablets, puisies en partytjies – al is dit met ’n hol kol en groot onsekerheid op die maag.
Miskien is dit nie nodig om te huil oor als wat verby is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie