Dis niks, net die kern van die heelal
Alles kom tot niet. Daar bly niks oor nie. Met tyd vergaan dit als. Nou wat is dan die punt? Wat is die doel van alles?Die lewe is so nutteloos.
Die impak van 'n enkele mens se lewe is soos 'n ligflits in die donker. Dit skyn 'n oomblik lank en dan, net so skielik, is dit weer weg. Die donker oorheers weer ná die lig verdwyn. Die nalatenskap van een mens se lewe is so vlietend, dit het skaars 'n impak.
Hierdie waarheid is so tipies van ons almal se bestaan: Elk van ons het al diep die niet in gestaar en gevra waarom. Die rede lê nie daar buite nie.
Die rede lê binne. Mens moet eers leer om na binne te kyk voor jy na behore buitentoe kan sien.
Binne jou is alle rede om die lewe aan te pak, om die wêreld raak te sien, om jou merk te maak. Daai redes vind jy self omdat hulle net op jouself van toepassing is.
Elkeen se lewe is vir hom of haarself geskep, uniek en besonders. Met so iets tot jou beskikking is die blote leef van die lewe sy eie punt, sy eie rede.
Neem dan ook in ag die wonderlike verbindende aard van die heelal. Die verband tussen werklikhede is in die algemeen 'n raaisel.
Die skepping is al deur die wetenskap ontleed.
Ons weet al hoe die aarde se aantrekkingskrag verband hou met die planeet se massa, en het selfs 'n wiskundige formule uitgewerk om dié verhouding te bepaal en die toepassing daarvan te voorspel.
Tog bly die verhouding tussen jou emosies en die groei van die plante in jou tuin 'n raaisel. Is daar ooit enige verband?
As mens aanvaar jou eie lewe is 'n unieke skepping kan daar min twyfel wees dat 'n verhouding moet bestaan.
Hier is dan een rede vir die lewe wat jou uiterste pogings kan regverdig. Jy is dan persoonlik verantwoordelik vir die heelal. Jou persoonlike ervaring van die werklikheid skep op sy beurt weer die werklikheid.
So 'n benadering bied die geleentheid om 'n meer positiewe ingesteldheid te hê. Hoewel die verantwoordelikheid skrikwekkend mag wees, is dit nie belangrik nie, want alles gaan in elk geval tot niet. Die geleentheid bestaan ook om die oomblikke van jou unieke lewe te geniet.
Mens kan ook kies om die skoonheid, die glimlaggies, die oorwinnings en die gedeelde avonture te waardeer.
Mens kan jou eie lewe vertroetel en daardeur die lewens van ander verryk.
Al maak dit nie saak nie is dit geen rede waarom dit nie wonderlik kan wees nie.
Ek sê dus: Wees dankbaar dat jy nog leef.
Maak gebruik van jou lewe om jou voorregte te vier. Jy is werklik die kern van die heelal. Geniet dit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie