Dis nog nie die einde nie, su00ea Oscar se pa
Dis nog nie die einde nie, su00ea Oscar se pa

Dis nog nie die einde nie, sê Oscar se pa

Dit “kan nie goed gaan” met Oscar Pistorius nie, veral nie nadat die konstitusionele hof sy aansoek om teen sy vonnis te appelleer van die hand gewys het nie.

Henke Pistorius, Oscar se pa, het Maandag gesê: “Die hof se beslissing is nie die einde nie. Ek sê nie die hof het gefouteer nie, maar reg kon nie geskied nie omdat die hof met leuens gewerk het.

“Dit kan nie goed gaan met hom nie.”

Hy sê sy seun het ’n fout gemaak, maar hy het in die hof die waarheid gepraat oor wat die aand van Reeva se dood gebeur het.

Pistorius glo sterk sy seun sal tuis wees voordat sy vonnis van 13 jaar uitgedien is.

Intussen sê June Steenkamp, ma van die vermoorde Reeva, sy stel hoegenaamd nie belang in wat in die hof met Pistorius gebeur nie.

Steenkamp het Maandag gesê sy wil nie kommentaar lewer nie.

“Dit het niks met my te doen nie. Dit is hoe die regstelsel werk. Ek stel nie belang nie. Vir my is dit verby,” sê sy.

Steenkamp wil nou net fokus op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting wat sy en Barry, Reeva se pa, op die been gebring het.

Reeva se ouers gedenk haar dood jaarliks. Vanjaar, op die vyfde herdenking van haar dood, het hulle pienk en wit rose in die see gestrooi.

“Ons doen dit vir Reeva. En op ’n manier glo ek die rose sal hul weg vind na waar haar sy nou is,” het haar ma by dié geleentheid gesê.

* Die konstitusionele hof in Johannesburg het Pistorius se aansoek om appèl aan te teken teen sy vonnis van 13 jaar tronkstraf op 28 Maart van die hand gewys.

“Die hof het die aansoek om kondonering en verlof tot appèl oorweeg. Die aansoek om kondonering is toegestaan, maar die aansoek om verlof tot appèl is geweier omdat dit nie in die konstitusionele hof se jurisdiksie val nie,” lui die hofbeslissing.

Pistorius se vonnis is deur die appèlhof in Bloemfontein verswaar tot 13 jaar en vyf maande weens die moord in 2013 op Reeva.

“Dit is nou 100% die einde van die pad vir Pistorius. Ek meen dit is hoog tyd dat die land die saak nou agterlaat,” sê dr. Llewellyn Curlewis, strafregkenner en senior lektor aan die Universiteit van Pretoria.

“Dit was die regte besluit,” sê Curlewis oor die konstitusionele hof se beslissing. “Die konstitusionele hof is daar om te beslis oor grondwetlike kwessies en sake wat die parlement raak.

“Die hof sal dus baie versigtig wees om in te meng in ’n strafregtelike saak waaroor die hooggeregshof kan beslis.”

Pistorius sal minstens die helfte van sy vonnis moet uitdien voordat hy vir parool in aanmerking kom. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!