Dis opgemaakte berigte, sê Zuma oor huis in Dubai
Llewellyn Prince - Pres. Jacob Zuma maak mediaberigte dat hy ’n weelderige “paleis” van sowat R330 miljoen in Dubai besit, as “opgemaak” af.
Zuma het gisteroggend só gereageer nadat die Sunday Times berig het dat hy die ultra-luukse herehuis in die eksklusiewe Emirates Hills-woonlandgoed, glo een van die “duurste poskodes” in Dubai, besit.
Dié huis is glo langs ’n ander ’n luukse woning wat aan pres. Robert Mugabe van Zimbabwe behoort.
Dié inligting is verkry uit die sogenaamde #GuptaLeaks-e-posse in die Sunday Times se besit.
Zuma se kantoor het gisteroggend in ’n mediaverklaring van net drie sinne geskryf: “Die storie in die Sunday Times-koerant vandag, 4 Junie, dat pres. Jacob Zuma ’n ‘paleis’ in Dubai besit, is opgemaak.
“Pres. Zuma besit nie enige eiendom buite Suid-Afrika nie en het niemand versoek om vir hom eiendom oorsee te koop nie.
“Die president het ook nog nie die e-posse waaroor berig is, ontvang óf gesien nie en dra geen kennis daarvan nie,” lui die verklaring.
Dit is die eerste keer dat Zuma direk kommentaar lewer op die sogenaamde #GuptaLeaks waaroor verskeie publikasies sedert verlede Sondag talle skandale gepubliseer het wat wys hoe die Gupta-familie, Zuma se nabye vriende, hul invloed gebruik om na bewering regeringslui en staatsentiteite vir eie finansiële gewin te manipuleer.
Luidens die Sunday Times is die betrokke huis geaddresseer as Villa L35 in Lailakstraat in Emirates Hills.
Dit bestaan glo uit tien slaapkamers, 13 badkamers, nege ontvangslokale en plek vir 11 motors. Die huis is oorvloedig afgewerk in marmer, mosaïek en goud.
Die Sunday Times het verder berig dat verskeie onafhanklike bronne tydens ’n ondersoekende besoek verlede jaar aan die koerant gesê het dat die omstrede Gupta-familie die woning in 2015 van ’n Libanese sakeman gekoop het.
Dit is glo dieselfde jaar wat Zuma se seun, Duduzane, ook ’n woonstel vir R18 miljoen vir hom in die eksklusiewe Burj Khalifa-wolkekrabber in Dubai gekoop het.
Die koerant berig sy bronne het bestaan uit sakemanne met maatskappye of huise in Dubai, senior ANC-amptenare en mense naby die Zuma-familie.
Die Guptas het vroeër die uitgelekte e-posse as fopnuus afgemaak. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie