Dis reünietyd vir ons vriende!
Kyk, as jy soos ek is, sal jy nie kan wag vir die Friends Reunion-episode nie!
Dis nou nie asof ek obsessief is oor die klomp vriende van die 90's nie, maar ons het al tien reekse by die huis, herken die dialoog as iemand iets daaruit aanhaal (dink maar aan die “pivot”-grappies toe die Ever Given nou die dag in die Suezkanaal vasgesit het) en lag nog steeds lekker vir wat die vriende alles aangevang het – al meen millennials dis nie heeltemal “woke” nie.
Glo dit of nie, dis al 17 jáár na die vriende laas saam op 'n stel was, maar “The One with the Reunion” is uiteindelik verlede week geskiet, met al ses die oorspronklike akteurs en draaiboekskrywers.
Dis vreemd om te dink dat selfs amper drie dekades ná die première, het Friends steeds 'n reuse-ondersteunersbasis. Die finale episode wat op 6 Mei 2004 uitgesaai is, het ongeveer 52,5 miljoen kykers gelok – en dis net in Amerika. In Engeland is dit steeds die reeks wat die meeste op Netflix gestroom word. Dis seker dan geen verrassing dat Friends in sy tienjarige bestaan 62 Prime Time Emmy-benoemings ontvang het nie.
So, waarmee hou die groep pêlle hulself by die reünie besig?
Dis 'n groter geheim as Phoebe se “groenkaarthuwelik”. Wat wel bekend is, is dat die episode gedeeltelik op dieselfde stelle geskiet is. Ons weet ook die episode is sonder 'n draaiboek geskiet, met die ses vriende wat blykbaar oor hul herinneringe gesels.
David Schwimmer (Ross) het vroeër in 'n onderhoud gesê daar is een deel wat hy nie wil uitlap nie, terwyl Jennifer Aniston self ewe geheimsinnig was.
“I will not be Rachel, although I kind of am,” is sy verlede jaar aangehaal. Maar almal weet duidelikheid was nog nooit dié twee se sterkpunt nie, met “fans” wat steeds debatteer of hy en Rachel “on a break” was, al dan nie.
Intussen kon ek nie help om meer inligting oor die reeks te gaan soek nie. Die mees algemene feite is geredelik beskikbaar, maar ek het byvoorbeeld nie geweet dat Lisa Kudrow reeds die rol van Phoebe se tweelingsuster Ursula in Mad About You gespeel het toe sy al in Friends was nie. Mad About You het haar aangemoedig om albei rolle aan te pak. Op die ou einde was Ursula Buffay in agt episodes van Friends te sien.
En as jy gewonder het hoe Bruce Willis op die Friends-stel beland het, het dit gekom ná Matthew Perry (Chandler) teenoor Willis in The Whole Nine Yards gespeel het. Perry het 'n weddenskap met hom aangegaan dat dié fliek met sy openingsnaweek nommer 1 by die loket sou wees, maar Willis het gestry. Toe was die fliek wel nommer 1 en Willis het ingestem om Rachel se kêrel en Ross se meisie se pa te speel. Al Willis se inkomste is vir liefdadigheid geskenk.
En hoe kon die pêlle elke keer op dieselfde bank in Central Perk sit? Maklik! Gunther, die barista, het dit vir hulle bespreek – dit alles om Rachel se hart te wen.
Nou is die groot vraag: Wanneer gaan ons “The One with the Reunion” sien? Niemand weet nie, so hou maar die kleinkassie dop!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie