Dis tyd vir Kwu00eala se gewilde u2018Dorp van die jaaru2019
Dis tyd vir Kwu00eala se gewilde u2018Dorp van die jaaru2019

Dis tyd vir Kwêla se gewilde ‘Dorp van die jaar’

Lloyd Zandberg
Dit is weer tyd vir Kwêla se gewilde Dorp van die Jaar-kompetisie. Verlede jaar is Swakopmund in Namibië as die wenner aangewys.

Die Kwêla Dorp van die Jaar-titel word elke jaar toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme verwerf het. In 2018 het Jeffreysbaai in die Oos-Kaap die kompetisie gewen. Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al die kroon gedra.

Die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie word in samewerking met KIA Suid-Afrika aangebied.

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunsteling dorp vir ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog.

Benoem jou dorp so

Dorpe kan van nou tot 12:00 op 15 Februarie benoem word. Net die naam van ’n dorp in Suid-Afrika of Namibië wat iemand wil benoem, kan per SMS gestuur word na 33157 (SMS kos R1,50). Daar is geen beperkings op die aantal SMS’e wat gestuur word nie.

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

Minder as 500 000 inwoners hetNie ’n streekwenner in die laaste twee jaar was nieWenners van die vorige ses jaar kwalifiseer nie (vanaf 2013-2018)Streekuitdunne word op 1, 8 en 15 Maart uitgesaai.

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die halfeindronde. Hier kry die publiek vir ’n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunstelingdorp te stem.

Die wendorp word sal in Junie aangekondig word.

Soos elke jaar sal die wendorp ’n heerlike KIA-makietie kry, asook ’n 45-sekonde-advertensie oor die dorp, deur Homebrew Films vervaardig, wat R1 miljoen se lugtyd op kykNET kry. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!