Dis waarom jy nooit kaalfoto’s moet stuur nie
Gevalle van seksuele afdreiging, oftewel sextortion, neem skerp toe.
Petrus Malherbe – Moenie jou rieme styfloop met kaalfoto’s nie. Kubermisdadigers begin seks al hoe meer as ’n wapen in hul aanvalle op niksvermoedende internetgebruikers gebruik.
Digital Shadows, ’n gesogte kubersekerheidsmaatskappy, het pas ’n verslag uitgereik waarin hy waarsku dat die gevalle van seksuele afdreiging, oftewel sextortion, skerp toeneem.
Die maatskappy het bykans 800 000 gevalle van seksuele afdreiging aanlyn tussen Julie 2018 en Februarie 2019 aangeteken. Daar is waarskynlik honderdduisende ander gevalle waarvan die owerhede nie bewus is nie.
Sextortion is wanneer ’n aanvaller dreig om intieme inligting oor ’n persoon of sy sekslewe bekend te maak tensy ’n bedrag geld betaal word.
Hierdie afdreigers voer dikwels aan – gewoonlik in ’n e-posboodskap aan die slagoffer – dat hulle spesiale programmatuur benut het om sy internetgewoontes te monitor en nou weet watter onsmaaklike pornografiese webwerwe hy besoek het.
In ander gevalle bekom die aanvaller kaalfoto’s of -video’s van die slagoffer deur platforms soos WhatsApp of Skype deur voor te gee hulle stel romanties belang in die slagoffer.
Kort voor lank begin hulle die slagoffer dreig en sê hulle gaan die eksplisiete foto’s uitreik tensy ’n bedrag, gewoonlik in die vorm van ’n digitale geldeenheid, aan hulle oorbetaal word.
“Die storie is basies elke keer dieselfde,” sê John Mc Loughlin, hoof van J2 Software, ’n plaaslike kubersekerheidsfirma.
“ ’n Man ontmoet ’n vrou op ’n afspraak-app, hulle begin gesels op WhatsApp en kort voor lank stuur sy intieme foto’s van haarself en vra dat die man ook foto’s stuur.”
As die man weier, raak die vrou dikwels aggressief en dring daarop aan dat hy ’n kaalfoto van homself stuur waarop sy gesig ook sigbaar is.
Sodra die man dit doen, het hy in die aanvaller se strik getrap, waarsku Mc Loughlin.
Hoe voorkom jy dit?
Die eenvoudigste manier om te keer dat dit met jou gebeur, is om nooit intieme foto’s aan enigiemand aanlyn te stuur nie, maak nie saak wie hulle voorgee om te wees nie, sê Mc Loughlin.
Bedek ook jou rekenaar se webkamera wanneer jy dit nie gebruik nie. Hoewel onwaarskynlik, is dit teoreties moontlik dat booswigte toegang tot jou rekenaar se kamera kan kry en jou onwetend afneem.
Digital Shadows waarsku in sy verslag ook dat seksuele afdreiging toenemend voorkom.
Boonop raak die aanvallers ook meer gesofistikeerd en word dit al moeiliker om die gevaarligte te sien voordat dit te laat is.
Die aanvallers gebruik byvoorbeeld ’n e-posadres van ’n gerekende e-posdiens soos outlook.com, wat vertroue skep.
Waar sulke tipe e-posse vroeër deurspek was van spelfoute en swak taalgebruik, is dit deesdae ook nie meer die geval nie.
Volgens Digital Shadows se navorsing word ’n disproporsionele aantal van dié e-posse van IP-adresse in Indië, Viëtnam en Brasilië gestuur.
’n Beduidende aantal word ook vanuit Suid-Afrika gestuur, hoewel heelwat minder.
“Moenie met ’n slap riem gevang word nie; wis bloot die e-pos uit as dit in jou inmandjie beland,” waarsku Digital Shadows in sy verslag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie