Dis weer Koperfees tyd!
Dis weer Koperfees tyd!

Dis weer Koperfees tyd!

’n Uitstekende bemarkingsgeleentheid
Gerine Hoff
Tsumeb se munisipaliteit maak reg vir ’n behoorlike fees by dié jaar se Koperfees wat vanaf 29 Oktober tot 1 November op die dorp gehou word.
Die voorsitter van die voorbereidingskomitee, Julius Gaeseb, sê vanjaar se tema, “Koper skep eenheid”, is gekies omdat die komitee glo dat dié mineraal wat by die dorp ontgin en gesmelt word, krag aan die dorpsmense gee.
Voor die fees begin sal vlotte deur Tsumeb se strate ry. Baie van die dorp se besighede, skole en kultuurgroepe sal hieraan deelneem.
Die fees word amptelik deur die minister van buitelandse sake, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, op die oggend van 31 Oktober geopen.
Na verwagting sal 170 internasionale en plaaslike uitstallers by die fees wees. Gaeseb sê die internasionale uitstallers van Angola, Zambië en Zimbabwe is “vriende van die fees” en bring gewoonlik produkte saam waaraan waarde toegevoeg is. Dit sluit skoene en handsakke in.
Plaaslik het die ministerie van handel en nywerheid verskeie klein en medium ondernemings (SME's) met produkte met toegevoegde waarde vir die fees geborg.
Die feeskomitee verwag dat verskeie opvoedkundige instellings aan die fees sal deelneem.
Gedurende die fees sal verskillende sake-aanbiedinge gedoen word. Een van die verwagte sprekers is prof. Joseph Diescho wat ’n openbare lesing oor eenheid sal gee.
The Dogg, Exit, Ndilimani, Cult, Wild Dogs en die meisiegroep, Vanetti, sal vir vermaak sorg. Die 2014 Mej. Koper sal ook gekies word. Daar sal vir die eerste keer ook vermaak vir kinders wees. Die seremoniemeester is die gewilde Webster Snewe.
’n Sportbonanza het die fees verlede Saterdag met netbal, vlugbal en sokker voorafgegaan.
Dundee Precious Metals (DPM) is die fees se hoofborg, met ander borge wat Weatherly Mining International, Standard Bank Namibië, Telecom Namibië, MTC, Namibië Brouery en Cenored insluit.
DPM borg ook die SME-kompetisie waar N$10 000 vir die eerste plek, N$6 000 vir die tweede plek en N$4 000 vir die derde plek te wenne is. Die prysuitdeling vir dié kompetisie is op 1 November.
Gaeseb sê die feeskomitee het vanjaar baie moeite gedoen om feesgangers veilig te hou. Polisie in uniforms en private klere sal die feesgronde beman. Hulle word deur gemeenskapswaggroepe ondersteun.
“Almal kan met ’n geruste hart kom en aan die feestelikheid deelneem,” het Gaeseb verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!