Disco laat vaar hoekige lyne
’n Revolusionêre ontwikkeling
Naas die ikoniese Land Rover Defender, is die Discovery seker dié model waarmee die fabrikaat die meeste vereenselwig word. Waar die vorige Disco’s baie keer ’n evolusionêre pad van ontwikkeling gestap het, is die nuwe Disco ’n revolusionêre ontwikkeling.
Dit breek die tradisie van groot en hoekige ontwerp ten gunste van meer slim en sinvolle stilering. Die hoeke is meer gerond en die voertuig lyk platter, maar daar is darem steeds sewe sitplekke. Nie net lyk dit baie modern nie, maar volgens die vervaardiger sal dit steeds in die basiese behoeftes van ruimte, gemak en bekwaamheid voorsien.
Getrou aan die Discovery Vision-konsep wat twee jaar gelede gewys is, trek die nuwe Disco baie op die kleiner Discovery Sport wat ’n jaar of wat gelede die lig gesien het en die vorige Freelander vervang het. Loer maar self na die foto’s om te besef in hoe ’n mate die nuwe Disco afgewyk het van sy voorganger se styl en hoe baie dit na die Sport lyk.
Waar die kleiner Discovery Sport met mededingers soos die BMW X3, Mercedes-Benz GLC en Audi Q5 slaags raak, sal die nuwe Discovery in die kryt klim saam met die Audi Q7, BMW X5 en Merc GLE om nie van hardebaarde soos die Toyota Prado en Mitsubishi Pajero te vergeet nie.
Die nuwe Discovery word op die groep se sogenaamde Premium- ligte argitektuur-onderstel gebou, ’n deftige naam vir wat Land Rover se jongste aluminiumonderstel is. Dit is dieselfde onderstel as wat reeds in die nuwe Range Rover en Range Rover Sport benut word.
Deur die bakwerk net van aluminium te maak, kan Land Rover maklik 400 kg van sy vet wegsny, wat tot beter padgedrag, ligter verbruik en beter veldrywerk sal lei.
Dit is nog nie seker watter enjins Land Rover gaan inspan nie, maar verwag die groep se Ingenium-enjin in die basismodelle. Dit is ’n nuwe tweeliterturbo (petrol, vier silinders) wat jy ook in die XE-sedan en Range Rover Evoque sal vind. Land Rover werk glo ook aan ’n inlyn-ses-weergawe van die Ingenium-enjin.
Wat ratkaste betref, sal die groep volhou met die agtgang- outomatiese ratkas wat jy tans in die huidige Jaguars aantref.
Wat tegnologie betref, sal Land Rover ’n opgeknapte weergawe van sy Terrain Response-stelsel aanbied. Dit is ’n ritmodusknop met ’n paar voorafbepaalde keuses, soos sandry, moddertoestande of klipperige toestande. Deur ’n keuse te maak, sal die blikbrein self die motor vir daardie toestande instel. Lugvering en 4x4-vastrap met ’n laestrekratkas behoort standaard te wees.
Ons verwag ook dat Land Rover sy “deursigtige enjinkap”-tegnologie in die nuwe Disco gaan aanbied. Dit is bloot kameras wat voor, onder by die neus, vasgemaak is wat dan hul beeld voor jou op die voorruit wys. Jy kan dus “deur” die enjinkap sien waar jy moet ry. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie