• Tuisblad
  • Menings
  • Diskriminasie en haat: So oud soos ek is, verstaan ek dit nie
Diskriminasie en haat: So oud soos ek is, verstaan ek dit nie
Diskriminasie en haat: So oud soos ek is, verstaan ek dit nie

Diskriminasie en haat: So oud soos ek is, verstaan ek dit nie

Estelle de Bruyn
Ek verstaan nie rassisme, godsdienstige militansie en fundamentalisme, of diskriminasie teen mense wie se seksuele oriëntering anders as myne is nie.
Ons is mos net almal mense.
Wat is die kwessie?
Ek hou van wit beddegoed, jy van blou beddegoed, ek hou van iPads en iPhones, jy van Samsung. Ek hou van honde en jy kan hulle geblaf nie hanteer nie en verkies katte. Maar ek hou ook van kietsies en dink honde en katte is ewe dierbaar en kan baie gelukkig in een huis saamleef. Ek eet nie tamaties nie, maar my vriende is mal oor daardie rooi vruggies wat hond-sleg vir my proe.
Ek glo daarin dat ek my kinders as individue hanteer, maar jy glo “one way fits all.”
Jy bid tot Allah, ek tot Liewe Jesus en die drie-enige God.
Dis persoonlike keuses.
Dis van die basiese verskille in menslike voorkeur.
Hoekom kan die wêreld dit nie net aanvaar nie. Laat ons elkeen sy of haar lewenspad stap en mekaar se verskille respekteer.
Die afgelope tyd is ek diep geskok oor terreurdade wat oral op die aarde ontvou. Polisiemanne in Amerika wat ongewapende swartmense koelbloedig doodskiet; ’n weerwraakaanval waarin verskeie onskuldige polisiebeamptes vermoor word; selfmoordbomaanvallers wat hulself in ’n besige lughawe terminaal in Brussel opblaas en die lewens van onskuldige reisigers eis; ’n fanatikus wat tydens ’n vuurwerkvertoning ter viering van Frankryk se nasionale dag, Bastille-dag, met ’n vragmotor in ’n skare in Nice inry; immigrant-tienerjariges wat mense met messe in Duitsland aanval, die land waar hulle met ope arms verwelkom is toe hulle asiel gesoek het; ’n besetene wat verstandelik gestremdes in ’n tehuis met ’n mes vermoor en ’n 86-jarige priester in Frankryk wat in sy kerk deur jeugdige moordenaars keelaf gesny word.
Wat het die laaste jare gebeur wat ons so verdeel het, wat die mensdom so sielsiek gemaak het en tot hierdie gruwels aanspoor?
Organisasies soos IS en al-Kaïda, Al-Sjabaab, Boko Haram, Lords Resistance Army en vele meer is inderdaad terroriste-organisasies, nie bevrydingsbewegings nie.
Soos pres. Hage Geingob tereg opgemerk het, hul dade van terreur word nie deur ’n soeke na vryheid of gelykheid of enige edel menseregte motief geïnspireer nie, maar deur haat.
Mense wat so kan haat, is meestal self diep ongelukkige wesens wat nie vrede met hulself en hul eie menswees gemaak het nie.
Die gebeure is hartseer en ontstellend en boesem globaal vrees in. Ek het nie antwoorde nie, maar gaan net elke aand op my knieë om dankie te sê vir die vrede en stabiliteit wat ons hier op eie bodem in Namibië geniet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!