Dissiplinu00eare stappe teen eks-PS uitgestel
Dissiplinu00eare stappe teen eks-PS uitgestel

Dissiplinêre stappe teen eks-PS uitgestel

Dr. Andreas Mwoombola is in Julie verlede jaar met onmiddellike effek sonder ’n verhoor en vergoeding geskors.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die arbeidshof verbied om met dissiplinêre stappe teen sy voormalige permanente sekretaris (PS) voort te gaan.

Dié bevel volg op ’n ooreenkoms tussen die onderskeie partye wat die minister, dr. Bernard Haufiku, insluit en hang af van ’n hersieningsaansoek wat tans voor die hof dien.

Dr. Andreas Mwoombola sê in hofstukke die dissiplinêre proses teen hom word op ’n “onwettige wyse uitgevoer met ’n dissiplinêre komitee wat onwettig saamgestel is”.

Mwoombola is in Julie verlede jaar met onmiddellike effek sonder ’n verhoor en vergoeding geskors. Hy is later uit dié pos na die kantoor van die eerste minister oorgeplaas.

Die klagtes teen hom sluit onder meer in korrupte praktyke in die aanwysing van tenders en “impulsiewe, onredelike en onwettige besluitnemingsprosesse in die administrasie en bestuur van openbare fondse in die ministerie”.

Volgens Mwoombola het sy dissiplinêre prosesse reeds “onbillike arbeidspraktyke” behels soos vervat in artikel 48(2) van die Arbeidswet 11 van 2007.

Volgens hom is dit duidelik dat dit alternatiewelik tot ’n onbillike arbeidspraktyk sou lei wanneer die dissiplinêre proses voltooi is.

Voorts is die billikheid van die reglement van orde van die dissiplinêre ondersoek volgens Mwoombola “reeds ernstig ondermyn”.

Ook voldoen die dissiplinêre komitee wat deur mnr. George Simataa (kabinetsekretaris) in konsultasie met Haufiku en die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, saamgestel is, nie aan die vereistes van die bogenoemde wet nie, sê hy.

Volgens Mwoombola is die voorsitter en lede van die komitee regeringsamptenare en sy juniors, wat hul “onafhanklikheid en onpartydigheid” ondermyn.

Mwoombola beweer voorts die aantygings teen hom is nooit ondersoek nie, ’n onderhoud deur die ondersoeker is nooit met hom gevoer nie en het hy ook nooit ’n verslag van ’n ondersoek teen hom ontvang nie.

Tydens sy dissiplinêre verhoor in September en ook Oktober verlede jaar, sê Mwoombola, was drie lede van die komitee sy juniors en was dokumente wat die klagtes teen hom moes regverdig, onvolledig.

Van die klagtes sluit in dat Mwoombola ’n oordrag onderteken het wat “gelykstaande aan bedrog” is.

Ook het hy na bewering “oneties” opgetree toe hy ’n maatskappy toegelaat het om die ministerie te nader vir die verskaffing van medisyne wat binnekort sou verval. Dit het glo daartoe gelei dat die ministerie “vrugtelose en verkwistende uitgawes” aangegaan het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!