Dit gaan beter met George H.W. Bush
Oudpres. George H.W. Bush is op en wakker en praat weer nadat hy vroeër vandeesweek in die hospitaal opgeneem is.
'n Familiewoordvoerder het Dinsdag bevestig dat dit beter gaan met Bush, berig CNN.
Die 93-jarige oudpresident van Amerika is in die Houston Methodist-hospitaal opgeneem nadat hy 'n infeksie opgedoen het wat later na sy bloed versprei het, sê Jim McGrath, familiewoordvoerder.
Dit het slegs 'n dag ná sy vrou, Barbara, se begrafnis gebeur.
McGrath het Maandag gesê Bush reageer op sy behandeling en dit lyk asof hy besig is om te herstel.
Volgens 'n bron na aan Bush het die infeksie tot sepsis gelei, wat dodelik kan wees. Hy was in 'n kritieke toestand, sê die bron.
Bush gebruik 'n rolstoel sedert hy 'n vorm van Parkinson se siekte opgedoen het. Sedertdien moes hy verskeie kere in 'n hospitaal behandel word vir respiratoriese probleme en ander infeksies, berig die Chicago Tribune.
McGrath wou nie uitbrei oor die besonderhede van Bush se toestand nie, maar sê dat meer inligting beskikbaar gemaak sal word indien nodig.
McGrath het Maandag gesê Bush wil vinnig beter word sodat hy na sy somerhuis in Kennebunkport, Maine, kan gaan.
“Hy's die mees doelwit-georiënteerde mens op die planeet. Ek sou nie teen hom wed nie.”
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie