Dit gaan kóók by mondige NTE
Namibië skud sy vere reg vir die gewilde jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat Windhoek van môre tot Saterdag gaan laat kóók.
Dit vind oudergewoonte by die skougronde plaas.
Vanjaar se ekspo, met herwinning as tema, skop op Wêreldomgewingsdag af en bied die toerismebedryf in suidelike Afrika en almal wat goedere en dienste aan hierdie bedryf lewer, 'n netwerkgeleentheid soos min.
Dit is vanjaar 21 jaar sedert die eerste NTE deur Namibia Media Holdings aangebied is. Verlede jaar is 19 000 mense deur die hekke.
Volgens mnr. Harald Schmidt van die Windhoek-skouvereniging is hy en sy span slaggereed om vanjaar na almal se veiligheid om te sien.
Hy sê meer as 50 personeellede sal ontplooi word om tydens die
vier dae lange verrigtinge diens te doen.
Schmidt was gisteroggend in gesprek met Republikein se redakteur, Dani Booysen, op #Kletskompas.
Kaartjies kan aanlyn op die NTE se Facebook-blad gekoop word. Dit kos N$100 vir volwassenes, en leerlinge in skooldrag, jonger kinders en pensioenarisse se toegang is gratis.
Die hekke open Donderdag en Vrydag om 12:00 vir die publiek en sluit saans om 20:00.
Saterdag kan die ekspo van 10:00 tot 18:00 besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie