u2018Dit help nie om landuit te vlugu2019
u2018Dit help nie om landuit te vlugu2019

‘Dit help nie om landuit te vlug’

Na verwagting sal die formele mark vir kruideniersware van 2020 tot 2025 met R300 miljard tot R900 miljard groei.
Nellie Brand-Jonker – “Dis nie moeilik om deesdae ’n pessimis in Suid-Afrika te wees nie.”

Hy is versigtig om deesdae ’n uitnodiging na ’n aandete te aanvaar, sê Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay.

“ ’n Mens kan net soveel keer luister na mense wat vertel hoe depressief hulle is, hoe die ekonomie aan ’n draadjie hang en dat ons op die rand van die afgrond is of reeds in ’n krisis is.

“Maar daar is min sin daarin om van hierdie depressie te probeer ontsnap deur oorsee uit te wyk. Dit is oral dieselfde. Brexit, populistiese presidente, handelsoorloë en ’n nuwe wêreldwye afswaai in die ekonomie, die klimaatskrisis en populistiese betogings.”

Ackerman het beleggers toegespreek op die aanbieding van die groep se halfjaarresultate tot begin September.

Te midde van die swak ekonomie vind talle kleinhandelaars dit moeilik om hul verkope te laat groei en hul winsmarges te behou, sê hy.

Pick n Pay het in die halfjaar daarin geslaag om sy omset met meer as 6% en sy handelswins met 16% in Suid-Afrika te laat groei.

Ten spyte van die negatiewe omgewing is daar geleenthede in die kleinhandel.

“Ons verwag groter verbruikersvraag vanweë dinamiese veranderinge in die ekonomie,” het Richard Brasher, uitvoerende hoof, gesê.

Volgens hom word verwag dat die formele mark vir kruideniersware van 2020 tot 2025 met R300 miljard tot R900 miljard sal groei.

Verskillende faktore sal daartoe bydra, insluitende bevolkingsgroei van 1,5% per jaar en voortgesette verstedeliking wat meer mense na die formele kleinhandelmark en moderne kruidenierswarewinkels gaan bring.

Terselfdertyd word verwag die BBP gaan met 1% tot 1,5% per jaar oor die volgende vyf jaar groei, met ’n inflasiekoers van om en by 5% per jaar.

“Daar is min markte in ontwikkelde lande waar daar ’n groot waarskynlikheid van groei in die kleinhandel is.

“As jy in die kruidenierswaremark in Suid-Afrika is, is dit bemoedigend. Ek kan nie dink aan enige ontwikkelde mark in Europa waar daar groei gaan wees nie,” sê Brasher. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!